Plaaslike sanger gekies vir internasionale veldtog

Die Suid-Afrikaanse sanger Roan Ash is gekies om deel te wees van Apple Music se splinternuwe countrymusiekveldtog, Country Wide.

Dié veldtog het op 27 Julie afgeskop en is ʼn wêreldwye inisiatief wat kunstenaars soos The Wild Feathers van die VSA, Catherine McGrath van Ierland, Tenille Townes van Kanada en Missy Lancaster van Australië insluit.

Ash, wat in Pretoria gebore is, het Suid-Afrikaners se aandag getrek met sy eerste enkelsnit, “If I ever saw heaven”, van sy album Whiskey to my soul, wat vroeër vanjaar bekendgestel is.

Hy is bekend vir sy moderne country, blues en folk-styl en het al die verhoog gedeel met kunstenaars soos Dan Patlansky, Matthew Mole, Jan Blohm, Koos Kombuis, Arno Carstens, Vusi Mahlasela, Glaskas, Klopjag en Robin Auld.

In 2016 het hy die temalied van die rolprent, Sy klink soos lente, saam met Bouwer Bosch en Dawie de Jager van Klopjag-faam geskryf en opgeneem.

“Wat ʼn ongelooflike eer en voorreg om gekies te word as kunstenaar vir Apple Music se wêreldwye veldtog,” sê Ash oor die Country Wide-veldtog. “Dit is nie elke dag dat ʼn Suid-Afrikaanse kunstenaar die geleentheid kry om internasionaal op hierdie platform te verskyn nie. Ek is Apple Music vir ewig dankbaar.”

Met meer as 45 miljoen liedjies bied Apple Music ʼn gratis drie maande lange proeftydperk sonder verbintenis en is advertensievry. Apple Music is beskikbaar op iPhone en iPad en kan ook afgelaai word vanaf Google Play vir Android-toestelle.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Goed gedoen ·

Baie geluk!! Baie talentvolle kunstenaar en dis fantasties dat hy so goed doen!

Essa ·

Baie geluk met jou insluiting op Apple Music se veldtog en baie geluk met jou album. Dit is puik, die standaard is baie hoog en jy sommer baie sjarmant (radio onderhoud geluister). Geniet jou talent en loopbaan vorentoe! ?

Klank ·

Wat n verwelkomende vars stem en skryfstyl, nie jou standaars Saffa ruim ABAB ek hou van n meisie sy hou van my nie. Well Done Pella.

Marietjie Bothma ·

Baie geluk! Ek hou baie van jou musiek. Veral die lied Darling. Dis vreemd dat Musica nie ook een van die plekke is waar jou musiek te koop is nie.
Blink toekoms.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.