Plate verkoop in 2020 beter as afgelope 30 jaar

(Foto: Pixabay)

Die verkoop van langspeelplate in die Verenigde Koninkryk (VK) was in 2020 die beste wat dit die afgelope 30 jaar was, met 4,8 miljoen plate wat verkoop is, volgens die British Phonographic Industry (BPI) se jaarverslag.

Nadat die VK twee streng nasionale inperkings in 2020 deur is, het verkope van langspeelplate vir die 13de agtereenvolgende jaar steeds toegeneem.

Die getalle van 2020 toon dat sowat een uit elke vyf albums wat in 2020 gekoop is, plate was. Die  verkope was ook 10% meer as die van 2019, en die hoogste sedert die vroeë 90’s se pop-era.

Geoff Taylor, uitvoerende hoof van BPI, het aan Far Out Magazine gesê dat dit merkwaardig is dat dié goeie syfers in 2020 kom, wanneer die onmiddellike beskikbaarheid en gerief van stromingsdienste al meer gebruik word.

“Dit is wonderlik dat die verkope van langspeelplate en kassette enigsins toegeneem het, gegewe die struikelblokke wat ons ervaar het. Die toename in verkope, ten spyte van winkels wat toemaak, wys die tydlose aantrekkingskrag van fisieke formate tesame met die konneksie tot stroming,” sê hy.

Die langspeelplate wat die beste in 2020 verkoop het, het gewissel van nuwe musiek deur Harry Styles tot musiek uit die vroeë 2000’s deur Amy Winehouse, tot ouer gunstelinge deur Queen. Hier is die VK se tien topverkopers in langspeelplate:

  1. Fleetwood Mac – Rumours
  2. Oasis – (Whats the story) Morning Glory?
  3. Amy Winehouse – Back to Black
  4. Nirvana – Nevermind
  5. Harry Styles – Fine Lines
  6. Kylie Minogue – Disco
  7. AC/DC – Power Up
  8. Queen – Greatest Hits
  9. IDLES – Ultra Mono
  10. Arctic Monkeys – Live at the Royal Albert Hall

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.