Platinumstatus vir Karlien

Karlien-van-Jaarsveld-My-hartjie

Karlien van Jaarsveld se nuwe album ‘My hartjie’. Foto: Facebook.

Dit is nou al vyf jaar sedert Karlien van Jaarsveld in haar jonger broer, Bobby, se voetspore gevolg het en tot die Afrikaanse musiektoneel toegetree het.

Haar afgelope twee albums, Jakkals trou met wolf se vrou en Uitklophou, het intussen platinumstatus behaal, wat beteken dat meer as 40 000 eksemplare van elk van dié albums verkoop is. Haar jongste album, My hartjie, wat in Maart vanjaar uitgereik is, het so pas hierdie prestasie geëwenaar. Volgens Karlien het sy hierdie mylpaal vinniger bereik as wat sy verwag het, maar sy is beskeie oor haar prestasie.

Dié album het tot dusver twee nr. 1-treffers opgelewer, naamlik die titelsnit en “Geskeurde jeans”, terwyl die derde enkelsnit van die album, “Woorde”, tans opgang op die trefferlyste van die meeste radiostasies maak. Karlien het besluit om vir haar aanhangers dankie te sê deur die musiekvideo van dié snit op haar Facebook-blad bekend te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Joe ·

Ek stem saam met jou Derick ….. genoeg is genoeg ……” eeeeeeeeeuuuuuwwwww ” Sy is sekerlik nou baie ” boaring ” met haar self …..wonder aan wie se vlerk gaan sy nou hang gedurende die Kers seisoen ???

Joe ·

Genade ….. is dit alweer Karlien Van Jaarsveld ….. van ons lesers is al so ” G@3$% ” vir die van Jaarsvelds ,,,,,, dit sluit die hele spul in …. Hoekom altyd so ” scene ” van hulle maak …… hulle is in teen deel GEEN ” CELEBS ” nie ….. soek net sensasie …..

Elbie ·

Ek kan regtig waar net nie van afrikaanse musiek hou nie. Dis gewoonlik so op een trant, een rympie wat tot vervelens toe herhaal word…maar ja, seker nie alles nie..

Knersus D ·

Platinum? Eerder sinkplaat.. Soos bo, Eeeeeeeeuuuuuuuuuuwwwwwww!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.