Polisie verras Jack Parow 6 jaar later

Jack Parow het 'n verrassing van die polisie gekry. Foto: Instagram via Jack Parow

Jack Parow het ‘n verrassing van die polisie gekry. Foto: Instagram via Jack Parow

Die Afrikaanse kletsrymer, Jack Parow, was aangenaam verras toe hy onlangs ʼn oproep van die polisie ontvang het.

Die polisie in die suide van Belville het dié omstrede sanger onlangs gebel met die nuus dat hulle sy gesteelde motor opgespoor het. Die Volkswagen CiTi Golf is in 2010 gesteel toe hy aan sy eerste album begin werk het.

Jack het vertel die motor het aan sy ouma behoort. “Ek moes vir langer as ʼn jaar vriende en familie se motors leen totdat ek genoeg kon spaar om vir my ʼn nuwe een te koop,” het hy gesê.

Hy het vandeesweek Belville toe gery om die motor uit te ken. “Die kar was nie meer dieselfde kleur nie en die verfwerk was baie sleg gedoen. Hy het ook ʼn nuwe stuurwiel gehad, maar ek het hom uitgeken aan die golfbal wat my ouma destyds as ratknop gebruik het,” het hy gesê.

Die kar behoort ongelukkig nie meer aan hom nie omdat die versekering destyds uitbetaal het. “Dit was lekker nostalgies om die kar te sien, maar dit sal in elk geval te duur wees om die kar weer padvaardig te kry. Dis egter lekker goeie nuus te midde van al die slegte nuus in ons land,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

DPJ ·

Dit wil gedoen wees. Om na jare weer te kan herwin.
Dit is ‘n wonderwerk.

pjkruger ·

Padwaardig, nie padvaardig nie, n boot vaar op die water!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.