Popsangeres kondig swangerskap aan in musiekvideo

Katy Perry en Orlando Bloom verwag hulle eersteling saam. (Foto: Instagram/Katy Perry)

Die gewilde Amerikaanse popsangeres Katy Perry is swanger met haar en die akteur Orlando Bloom se eersteling.

Perry het Woensdag die musiekvideo vir haar nuwe snit, “Never Worn White”, bekendgestel. Aan die einde van die video vryf sy ʼn baie duidelike bababoepie. Dié snit sal ingesluit wees in haar vyfde vollengte album wat later vanjaar uitgereik word.

Dit is die 35-jarige Perry se eerste kind. Bloom het reeds ʼn negejarige seun, Flynn, saam met die supermodel Miranda Kerr met wie hy getroud was tot en met 2013. Perry was voorheen vir 14 maande getroud met die komediant Russell Brand. Perry en Bloom is sedert 2016 in ʼn verhouding en het verlede jaar op Valentynsdag verloof geraak.

Perry het direk ná die musiekvideo se uitreiking haar swangerskap met haar 90,5 miljoen volgelinge op Instagram bespreek. Dit is nie bekend hoe ver sy swanger is nie.

“Ons is opgewonde en gelukkig en dit is seker die langste wat ek nóg ʼn geheim moes hou. Ek hou daarvan om julle alles te vertel, maar ek het geweet die beste manier om die nuus te breek is deur ʼn stuk musiek, aangesien dit is hoe ons met mekaar kommunikeer,” het Perry gesê.

Sy het verklap dat sy baie lus is vir brandkos tydens haar swangerskap en dat sy gereeld weglê aan Tabasco-sous en Mexikaanse burrito’s.

Kyk hier na die video:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
charmaine

Shame, nie die eerste ook nie die laaste vrou wat swanger is nie. Dis lekker om hulle te maak dis die grootmaak wat nie altyd so lekker is nie, maar as jy geld het is dit seker nie n probleem nie.

Bella

die grootmaak gedeelte, dis juis waar die lekker inkom Charmaine! dis van kleine handjies wat ooral vat, duisende vrae en erens leer mens meer van jouself by daai lyfie as wat jy ooit sou kon raai. nee wat, die grootmaak is baie lekkerder as die maak. die Blessing wat saam met ‘n kind kom is onmeetbaar. die liefde wat by jou hart inkruip wanneer jy daardie kindjie vashou, kan nie compare met geld nie.

Dries

Nou het ek alles gesien…