Pretorianer een van SA se mooiste manne

Andries-Hendrik-Potgieter (2)

Foto: Verskaf

Andries Hendrik Potgieter, ʼn Pretoriase sanger en model, is deur Cosmopolitan-tydskrif aangewys as een van SA se 12 sexyste manne. Dié 12, wat sportsterre, akteurs en modelle insluit, pryk nou op ʼn kalender wat landwyd beskikbaar is.

Andries Hendrik skerts en sê hy dink die beoordelaars het seker nie goed genoeg gesoek nie. “Ek dink hulle het in alfabetiese volgorde gesoek en toe is my naam eerste.” Hy is nie seker hoe die ding begin het nie, maar hy het homself amper dood geskrik toe hy ʼn oproep van die tydskrif ontvang, sê hy.

Uit ʼn groot aantal mans wat benoem is, is hy deur die publiek as “Mnr. Julie” aangewys. Andries Hendrik is die enigste sanger wat vanjaar op die kalender verskyn. Die enigste ander sanger wat voorheen vir die kalender benoem was, is Bobby van Jaarsveld.

Uit dié 12 sal die algehele wenner deur die publiek gekies word en bekend staan as SA se sexyste man.

“My voorkoms en gesondheid was nooit regtig só belangrik nie, maar nou dat ek ouer word het ek besluit ek wil gesonder lewe,” sê Andries Hendrik.

Hoewel hy tydens verskeie modeweke op die loopplank verskyn, bly sing sy eerste liefde. “Dis die een ding wat ʼn mens gelukkig hou,” sê hy. “Die modelwerk is eintlik ʼn persoonlike doelwit. As mens sing kan jy net vry wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Eliza-beth ·

Hmmm ‘eye-candy” vir ons dames! Definitief iets om na te kyk!!

Stella ·

Smaak verskil. Nataniël is vir my die mooiste mooie man. Dit voel asof hy so in my siel in kyk met daai mooi oë, sag en lieflik soos ‘n droom van die hemel. En daai talmende glimlag so deur die Edik van Nantes se kamera, my hart fladder sommer saam die skoenlappers weg oor die Franse blomvelde. So as iemand iets daar tussen die laventel optel wat soos ‘n varktjop lyk, moenie dit vir jou hond voer nie. Dis my hart…

Elmarie ·

Nataniel lyk vir my soos ‘n “hard probeer” Boy George.

Stella ·

Ja ek is ‘n vrou. Sy aantreklikheid is vir my so verbysterend dat dit al daai goed wat jy in gedagte het transendeer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.