‘Prins van Potch’ blink uit in Top-20

Eloff, ook bekend as ‘die prins van Potch’.

Vanjaar se Maroela Media Afrikaanse Top-20 skop af met ʼn splinternuwe snit in die eerste posisie.

Eloff se “Johnnie Blou” is vandeesweek in die no. 1-posisie, wat Irene-Louise van Wyk se “Tekkies brand” in die tweede plek en Riaan Benadé se “Spontaan” in die derde plek plaas.

Die musiekvideo vir “Johnnie Blou” het reeds meer as 540 000 trefslae op YouTube gekry. Dit is Eloff, wat ook bekend staan as “die Prins van Potch” se debuutenkelsnit en is geskryf deur Hugo Ludik, Nicholas Jordaan en Brendan Ross Campbell.

Early B en Justin Vega se lied, “Ses Jägers”, betree vandeesweek die Top-20 in die 18de plek. Justin het ’n gedeelte van die liedjie voor ’n vertoning vir Early B gespeel en hy was gaande daaroor. Die melodie het lirieke gekort en kort voor lank het die twee saamgewerk om die liedjie in 2021 bekend te stel.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar nege snitte wat styg, vyf wat daal en drie wat onveranderd bly, met drie nuwe liedjies wat die Top-20 betree.

  1. Eloff – “Johnnie Blou”
  2. Irene-Louise van Wyk – “Tekkies brand”
  3. Riaan Benadé — “Spontaan”
  4. Demi Lee Moore – “Wie se hart breek jy vanaand”
  5. Appel – “Dina”
  6. Riaan Benadé – “Vat ’n bietjie”
  7. Franja du Plessis – “Bring dit”
  8. Bernice West – “Dink aan jou”
  9. Demi Lee Moore – “Kan jou nie my maak liefhê”
  10. Bernice West – “Hemel op aarde”
  11. Jay & Irene-Louise van Wyk – “My volgende fout”
  12. Rooksein – “Damlelielief”
  13. Reën – “Vakansie op die platteland”
  14. Die Heuwels Fantasties ft Coenie de Villiers – “Victoriabaai”
  15. Ricus Nel – “Ploeg jy”
  16. Demi Lee Moore & Riaan Benadé – “Kannie sonder jou nie”
  17. Tasché – “Baby, ek bly”
  18. Justin Vega ft Early B – “Ses Jägers”
  19. Wicus Botma – “Brannewynlippe”
  20. Reën – “Stof”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data) asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

Nuwe uitreikings:

Die Heuwels Fantasties en Coenie de Villiers het ‘n nuwe weergawe van Lucas Maree se ‘Victoriabaai’ opgeneem.

Wat dit vat is ’n splinternuwe kykNET-reeks waarin sanger Loki Rothman en ’n professionele span poog om drie alledaagse kandidate te omskep in die jongste Afrikaanse popsensasies.

Joseph Mitchell, Edó Mostert en Michelle Mountjoy is in die tweede episode as die deelnemers aangekondig en spog nou elkeen met ʼn oorspronklike enkelsnit en musiekvideo.

Mostert staan nou as EDO bekend en sy liedjie heet “Werkit boetie”. Mitchell staan nou as Uncle Joe bekend en die naam van sy enkelsnit is “Like nie die laaitie nie”. Michelle se liedjie is getiteld “Sing jou lied”.

Dié liedjies is tot 24 Januarie beskikbaar om op Spotify, Apple Music en Deezer af te laai en te stroom, en die video’s is op kykNET se YouTube-kanaal beskikbaar.

Rothman maak op 30 Januarie op die Kwêla-bank bekend watter een van die deelnemers die meeste steun vir hul liedjie en video ontvang het.

Ander nuwe liedjies wat die afgelope week bekendgestel is, is Renaldo se “Perfekte jy”, Die Heuwels Fantasties en Coenie de Villiers se “Victoriabaai”, JP White se “Lyf teen my”, Karlien van Jaarsveld se “Fontein op die maan”, Henru se “Syfers” en Ricus Nel se “Mamma ek wil ’n man hê”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.