‘Prins van Potch’ kuier op Top-20 met nuwe musiek

Eloff (Foto: Verskaf)

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vier snitte wat styg, agt wat daal, sewe liedjies wat onveranderd bly en ’n splinternuwe toetrede tot die week se Top-20.

Eloff, of die prins van Potch soos almal hom ken, se jongste liedjie, “Geheueverlies” maak dié week sy toetrede tot die Top-20.

Riaan Benadé en Jay se “Rowwe bliksem” was die afgelope week onder die top-50 mees gestroomde liedjies in Suid-Afrika op Spotify. Die liedjie bly vir eers in die welverdiende no. 1-posisie.

Speellys:

Hier is vandeesweek se Top-20:

  1. Riaan Benadé met Jay – Rowwe bliksem”
  2. Eloff – Johnny blou”
  3. Riaan Benadé — “Spontaan”
  4. Franja du Plessis – “Bring dit”
  5. Irene-Louise van Wyk – “Tekkies brand”
  6. Riaan Benadé – “Vat ’n bietjie”
  7. Appel – “Dina”
  8. Ruhan du Toit — “Ter wille van ons kinders”
  9. Franja du Plessis – “My lief”
  10. Brendan Peyper – “Stop die wêreld ek wil afklim”
  11. Reën – “Vakansie op die platteland”
  12. Demi Lee Moore – “Wie se hart breek jy vanaand”
  13. Bernice West – “Dink aan jou”
  14. Eloff – “Geheueverlies”
  15. Bernice West – “Hemel op aarde”
  16. Demi Lee Moore – “Kan jou nie my maak liefhê”
  17. Wikus Botma – “Brannewynlippe”
  18. Demi Lee Moore & Riaan Benadé – “Kannie sonder jou nie”
  19. Jay & Irene-Louise van Wyk – “My volgende fout”
  20. Ricus Nel – “Ploeg jy

  • Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data) asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

Nuwe musiek

Liefde is iets wat nie moedopgee nie, sê Therené Nel van Durbanville in die Wes-Kaap.  Dit is ook die boodskap wat sy graag wil oordra met haar enkelsnit, “Snoei my tot liefde”.

Sy sê ook die liedjie is ’n smeekgebed wat sterk gospelgedrewe is, maar terselfdertyd herinner die snit jou aan “Gebed” van Koos du Plessis. “Snoei my tot liefde” raak ’n universele onderwerp aan waarop almal se verhoudings en huwelike gebou moet word; die liefde is nie selfsugtig nie en hou ook nie rekord hou van die kwaad nie.

Die akteur, sanger en aspirant-rolprentdraaiboekskrywer Reggie Peace (Reginald Hufkie) het die afgelope week sy jongste enkelsnit, “Is jy NCA?” bekendgestel. Die liedjie vertel die storie van ’n paar beste vriende wat hul mooiste klere aantrek en saam uitgaan om ’n aand te geniet. Hy is ook tans besig om aan ’n nuwe komediereeks te skiet wat in April op kykNET begin wys.

Ander liedjies wat ook die week uitgereik is, sluit in Zaan Sonnekus se “Krapmerke”, Fransien Scott se “Koninkryk van beton”, Eloff se “Geheueverlies” wat reeds sy buiging op die Top-20 gemaak het en David Divaad se “Onthou Hom”.

Speellys:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.