Prinshof-skool bied ‘n soiree aan

Prinshofskool vir gesiggestremdes bied op 1 Augustus 2013 ‘n soiree aan by die Musaion, Universiteit Pretoria.

U kan uitsien na ‘n heerlike aand van koorsang, soliste en instrumentale items deur die blinde en swaksiende leerders en oud-leerders van die skool. Dit beloof om ‘n onvergeetlike ervaring te wees.

Prinshof is ‘n multi-kulturele, dubbelmediumskool (Afrikaans en Engels) wat in Pretoria geleë is. Die skool het in 1963 sy ontstaan gehad en het tans meer as 350 leerders van graad R tot graad 12.

Kaartjies kos R30 en die vertoning begin om 18:30 vir 19:00.
Skakel die skool by 012 328 4170 vir verdere inligting.
Kaartjies sal ook by die deure beskikbaar wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.