Ray Dylan vind sy pad terug country toe

Ray Dylan, die bekende sanger agter trefferliedjies soos “Hokaai Stoppie Lorrie”, “Jessica” en “Dis verby”, het sy pad terug na country‑musiek gevind met sy splinternuwe album, Country Vibe, wat vandag bekendgestel word.

Dylan is al jare lank in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf as ʼn country‑ én popsanger van formaat gevestig.

“Hy glo egter sterk in vernuwing en kontinuïteit. Hy slaag altyd daarin om mense te vermaak en sy nuutste album, Country Vibes, is ’n sprekende voorbeeld van sy toewyding aan sy lojale aanhangers!” lui ʼn verklaring.

Country Vibes bestaan uit 19 liedjies, onder andere “Forever Young”, “Santa Maria”, “Beautiful War” en “Stuck on You”. Dylan pak al dié welbekende liedjies met ʼn behoorlike country‑aanslag aan.

“Ray kry dit keer op keer reg om sy aanhangers met sy unieke stem en ongelooflike talent met die kitaar, elektries en ander, geïnteresseerd te hou. Hy beskik oor ’n uitgebreide repertoire,” lees die verklaring.

Country Vibes is vanaf 20 September in alle musiekwinkels beskikbaar en kan ook vanaf Oktober op alle digitale platforms bekom word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Valerie ·

Lekker gelag nou! Country ouens is rof; dra nie donker brille nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.