Reën spring na topplek in Top-20

Richann en René van ‘Boer soek ‘n vrou’-faam sing saam onder die naam Reën. (Foto: Verskaf)

Kurt Darren is terug op die Maroela Media Afrikaanse Top-20 met ʼn splinternuwe enkelsnit, “’n Dubbel vir die DJ”. Dié partytjieliedjie betree vandeesweek die top-20 in die 19de plek.

Dit was ook ʼn goeie week vir Brendan Peyper. Sy enkelsnit “Dik en dun” spring tien posisies na die agtste plek.

Reën, die Boer soek ’n vrou-sangpaar Richann en René, neem vandeesweek die gesogte no. 1-posisie in met hulle debuutenkelsnit, “Vrystaatvlaktes”. Die liedjie het verlede week sy toetrede tot die treffersparade gemaak in die 16de plek.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar twee snitte wat styg, 13 wat daal, drie wat onveranderd bly en twee wat hul toetrede tot die Maroela Media Afrikaanse Top-20 maak.

  1. Reën – “Vrystaatvlaktes”
  2. Riaan Benade – “Spontaan”
  3. Jo Black & Refentse – “Rig jou oë op na die berge”
  4. Elandré – “Binne & buite”
  5. Riaan Benade – “Gooi nog ’n whiskey”
  6. Elandré – “Dag en nag”
  7. Bernice West – “Kom binne”
  8. Brendan Peyper – “Dik en dun”
  9. Bernice West – “O kind”
  10. Fatman – “Vuil Coke”
  11. Elandré – “Waar die wind my waai”
  12. Bok van Blerk – “Dis wie ons is”
  13. Dewald Wasserfall – “Oorleef”
  14. Bernice West – “Sonop-blom”
  15. Loufi – “Baas vannie plaas”
  16. Verskeie kunstenaars – “Ons sal self”
  17. Liezel Pieters – “Plus Minus Maal Deel”
  18. Ruhan du Toit – “Die mite”
  19. Kurt Darren met Snotkop – “’n Dubbel vir die DJ”
  20. Rooksein – “Kyk na my hart”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnitvrystellings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data), asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.