Refentse kraai weer koning op Top-20

Lianie May en Jay du Plessis (Foto: CO Productions)

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar ses snitte wat styg, 11 wat daal en twee wat onveranderd bly en een nuwe lied wat dié week se Top-20 betree.

Refentse neem die week weer die nommer 1‑plek in met “Reisiger”, van sy derde album Liefdegenerasie, wat onlangs bekendgestel is. Jay en Lianie May betree die week se Top-20 op nommer 17 met een van hul jongste enkelsnitte, “Siekverlief”.

  1. Refentse – “Reisiger”
  2. Dewald Wasserfall – “Nuwe begin”
  3. Dirk van der Westhuizen – “Sexy vi my”
  4. Corlea  – “Breek my hart”
  5. Tarryn Lamb – “Mal oor jou”
  6. Adam Tas & Stella – “Ek is ryk”
  7. Karlien van Jaarsveld – “Rooilipsoene”
  8. Jay – “Lê ’n bietjie langer”
  9. Brendan Peyper – “Jy laat dit maklik lyk”
  10. Tarryn Lamb – “Vier woorde”
  11. Neil Somers – “Bloedgrond”
  12. Jo Black – “Een klein klippie”
  13. Verskeie kunstenaars (Bok van Blerk, Steve Hofmeyr, Jay, Bobby van Jaarsveld & Rohan du Toit) – “Die land”
  14. Jo Black – “Die vrou wat ek liefhet”
  15. Snotkop – “Souserig”
  16. Verskeie kunstenaars (Adam Tas, Chris Chameleon, Appel, Ghapi & Juan Boucher) – “Die gelofte”
  17. Jay & Lianie May – “Siekverlief”
  18. Appel – “Boer loop deur my are”
  19. Jan Blohm – “Word wakker”
  20. Early B – “Ben Ten”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Penellope Jones ·

Baie geluk Refentse – jy het my en wederhelfte se harte gesteel met jou menswees en pragtige stem!
Hou so aan!

Penellope Jones ·

Baie geluk Refentse! Jou pragtige menswees en stem het my en wederhelfte se hart gesteel!
Doen so voort!

Bul ·

Stem met B – gelukkig kan ons verskil. Afrikaanse musiek, veral “main stream” insluitende die makker hier se liedjies, is so opervlakkig soos ‘n piering water. Laaste Afrikaanse musiek wat ek gekoop het was Steve. 5 jaar terug.

ursula ·

Refentsie – reisiger ek hou van sy musiek hy sing met gevoel
bok van blerk en verskeie kunstenaar mal oor hulle musiek
urs

Jax ·

Refentse – jou musiek en jou mens wees is baie inspirerend! Dankie daarvoor en dankie dat jy liedjies met siel sing en nie hierdie tipiese kougom-kou liedjies wat elke derde woord her-kou nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.