[Resensie] Adam Tas – ‘Patatas en pyptabak’

adam-tas-patatas-en-pyptabak

Adam Tas se jongste album ‘Patatas en pyptabak’. Foto: Youtube.com

Adam Tas se jongste album, Patatas en pyptabak, wyk nie af van sy vorige albums nie. Dit is ʼn album wat aan die siel gryp met hartslirieke wat in 13 snitte sorgvuldig saamgevat is. Daar is ’n duidelike patriotiese ondertoon met ’n onderliggende geestelike aanslag in dié album.

Adam se unieke stem en styl pas goed by die uitstekende verwerkings en produksie van die liedjies. Hy en sy medeskrywer, “Koekoes”, het in hierdie album die pen raakgevat. Daar is ook die duette “Ek slaap sleg sedert ek dood is” saam met Ricus Nel en die Nick Cave-weergawe van “Where the Wild Roses Grow” saam met Andriëtte Norman.

“Manna vir die boere” is natuurlik ’n lofprysing vir reën vir ons land se boere wat tans weer deur droogte geteister word.

Nog gunstelinge op die album is “Die laaste kitaar op aarde”, “Afrikagrond” en “My moeder is ’n taal”.

Christie Schutte het die verwerkings en vervaardiging van die album hanteer en is duidelik ’n meester op die gebied.

“Patatas en pyptabak, dit is hoe ek my groot Oupa Daan altyd sal onthou. Hy was ’n man, ’n regte een … nooit gekla nie, hard gewerk en hard geboer. Dankie dan eerstens vir goeie herinneringe, Oupa Daan,” sê Adam.

Wel gedaan met ’n uitstekende album. Die album is deur Sony Select uitgereik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Coleen de Villiers ·

Sjoe, kan nie wag om die CD aan te skaf nie. Geluk Adam Tas met jou nuwe CD.

Marianne ·

Well Adam great – ek hoop die CD gaan ook ‘n. Grote wees. Ek hou van VAN jou musiek.

Niel ·

Net ‘n regstelling. Sy mede skrywer is Koekoes en nie Koekies nie

Landi Slatter ·

Dagsê Niel,

Dankie vir jou terugvoer! Dankie dat jy ons op die fout gewys het. Ons vra om verskoning vir die flater, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.