[Resensie] Alternatief is groot

Alternatief is GrootAlternatief is Groot is ’n dubbel-versamelalbum van ons land se beste rockmusikante. Die album is deur Coleske Artists uitgereik en val onder die suksesvolle Afrikaans is Groot-sambreel.

Die Heuwels Fantasties het met die idee vorendag gekom en die album aanmekaargesit. Die idee was om ’n versamelalbum uit te reik met ou én nuwe liedjies op. Van die kunstenaars se liedjies word glad nie meer gedruk nie. Liedjies soos Johannes Kerkorrel se “Hillbrow” en Koos Kombuis se “Johnny is nie dood nie” is van die ouer gunstelinge wat op die album verskyn. Dan is daar ook “Eyeshadow” van Valiant Swart en “Africa” deur Wonderboom.

Kunstenaars van die hedendaagse generasie, soos Bouwer Bosch, Francois van Coke en Karen Zoid, Albert Frost, Loki Rothman en Nagligte, verskyn ook op die album. Die album skitter met ons land se beste rockers en neig meer na rock as alternatief.

Daar is egter ʼn paar groot kanonne wat die weg gebaan het vir die rockers van vandag wat weggelaat is op die album soos Anton Goosen, Piet Botha, Akkedis, Beeskraal, Gian Groen en Abel Kraamsaal. Ons sien uit daarna om hierdie groep kunstenaars wel op ’n volgende uitgawe van Alternatief is Groot te sien.

  • Lees ook Maroela Media se onderhoud met Pierre Greeff, die hoofsanger van die musiekgroep Die Heuwels Fantasties, wat gehelp het om dié album saam te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.