[Resensie] Arno Carstens – ‘Die aandblom 13’

arno-carstens-die-aandblom-13

Arno Carstens en sy album ‘Die aandblom 13’. Foto: Arnocarstens.com

Arno Carstens is die afgelope paar dekades al bekend as die charismatiese voorsanger van die supergroep Springbok Nude Girls, maar wys nou sy staal met sy eerste Afrikaanse solo-album.

Die aandblom 13 is ’n besonderse album met ’n sterk alternatiewe aanslag. Die album bestaan uit 13 snitte en die inhoud handel oor uitdagings, persepsies, hoop, liefde en verandering. Slim lirieke en poëtiese boodskappe met sterk oorspronklike melodieë sorg vir ʼn unieke album vir die fynproewer.

Die album is diep en op die man af. Gunstelinge op die album is “Chemikalieë”, “Ontwaak”, “Bonatuurlik” en “Bottel sonder prop”.

Die verwerkings en produksie is in eg Arno Carstens-styl en hier en daar sluip’n Nude Girls-invloed deur. Die album is goed beplan en die verwerkings en produksie is van hoë gehalte.

Dis gaaf om te sien dat daar nog kunstenaars soos Arno Carstens is wat getrou bly aan homself.

Die album is deur Sony Select uitgereik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

THEA ·

na sy aanmerkings oor Afrikaans , nou is ons geld goed genoeg, sal maar liewer nie die CD koop nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.