Resensie: Chris Else

maxresdefault

Foto verskaf aan Maroela Media

Chris se gelyknamige album is pas uitgereik, en anders as wat ’n mens sou verwag, is dit nie sy debuut nie.

Chris se eerste album, Gee my nog ’n kans, is twee jaar gelede uitgereik, maar om die een of ander rede het dit nie juis radiolugtyd gekry nie. Hierdie album gaan die meeste mense se eerste kennismaking met sy musiek wees.

Daar is net vyf snitte op hierdie album, wat ’n goeie of slegte ding kan wees, na gelang van hoe jy daarna kyk. Die eerste snit op die album is ook die eerste enkelsnit, naamlik “Gebreekte glas”, wat deur Christoph Kotze geskryf is en tans teen die trefferslyste van ’n aantal radiostasies uitklim. Dit is maklik om te verstaan hoekom, want dit is regtig ’n baie goeie snit. Die volgende snit is “Spore”, geskryf deur Roux Cloete. Roux is ’n uiters talentvolle liedjieskrywer en sanger en hy en sy vrou, Christi, het verlede jaar ’n groot treffer met “Alles naby my” gehad.

Chris het twee bekende snitte op die album ingesluit. Neil Diamond is seker een van die grootste legendes van die internasionale musiekbedryf en “I am … I said” was een van sy grootste treffers. Dit is nie ’n maklike liedjie om te sing nie omdat jy ’n hoë én ’n lae register moet baasraak, maar Chris kry dit baie goed reg. Daarby is hy ’n baie goeie kitaarspeler, selfs al het hy geen formele musiekopleiding gehad nie. “Grens van liefde” is die laaste Afrikaanse snit op die album; weer eens het Christoph Kotze dit geskryf en is dit ’n snit met trefferpotensiaal.

Nog ’n legendariese kunstenaar wie se musiek baie gereeld deur ander kunstenaars opgeneem word, is Bruce Springsteen. Veral “Tougher than the rest” het die afgelope tyd ’n gunsteling onder plaaslike kunstenaars geword, maar Chris het besluit om eerder “I’m on fire” van die topverkoper-album Born in the USA in te sluit. Hy maak die liedjie sy eie en dit klink nie naastenby dieselfde as die oorspronklike een nie, wat goed is. Chris se weergawe is op sy eie manier uitstekend.

Chris is ’n uiters talentvolle kunstenaar wat nog baie ver in die musiekbedryf gaan kom. Hy word geïnspireer en beïnvloed deur uitstekende musikante en dit lyk asof hy ’n natuurlike aanleg het. Hopelik sal hy binnekort ’n volle album vrystel, en sy ge

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Somerson ·

Mooi man met ‘n mooi persoonlik en dan kan hy boonop sing ook! ‘n Liedjie saam met Theuns Jordaan behoort baie goed te klink.
Chris, alle voorspoed vir die nuwe deel van jou loopbaan! Dis lekker om te sien dat ‘n Plattelander so kan naam maak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.