[Resensie] ‘Country Gaan Groot 4’

country-gaan-groot-4

‘Country gaan groot 4’. Foto: Verskaf.

Country is deesdae op die voorgrond in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf. Country Gaan Groot 4 is ’n versamelalbum met van ons land se topkunstenaars. Hierdie dubbelalbum met Afrikaanse en Engelse liedjies spog ook met ʼn mooi balans tussen oorspronklike liedjies en bekende countrytreffers. Van Gerhard Steyn tot Lance James kry ’n kans op die album.

Jason Bradley, een van ons land se grootste countrysangers, staan natuurlik uit met “She don’t know Jack” en “3 Shots of whiskey”. Viole, banjo’s en goeie kitaarwerk in al die liedjies kleur die album mooi in egte countrystyl in. Die verwerkings en produksie van elke liedjie is van hoë gehalte.

Nog liedjies wat uitstaan, is Wynand en Cheree se “Live forever”, Christoph “Appel” Kotze se “Finding my way” en Lance James se “Della and the dealer”. “Mannetjies Roux” deur James en André het ook ’n bluegrass-baadjie aangetrek en is baie goed verwerk. Dan is daar ook weergawes van Zac Brown Band se bekende “Chicken Fried” deur JJ Strydom en die treffer “Ring of fire” van Johnny Cash deur Juandré Marais en Ernie Bates.

Country Gaan Groot 4 is ’n mooi afgeronde album vir elke country-aanhanger. Die album is deur Vonk-musiek uitgereik en word versprei deur Real Music Distribution.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.