[Resensie] Dewald Wasserfall – ‘Jy is die storm’

dewald-wasserfall-jy-is-die-storm

Dewald Wasserfall met sy jongste album getiteld, ‘Jy is die storm’. Foto: Verskaf.

Met die eerste enkelsnit, “Jy is die storm”, wat reeds op trefferparades pronk, stel Dewald glad nie teleur nie. Dewald hou vas aan die wenresep van sy vorige suksesvolle album. Diep verse met sterk saamsing-koorgedeeltes vorm ’n deurlopende styl in die album.

Liedjies wat uitstaan, is “Masjiene”, “Altyd jonk bly”, “Laat die lig inkom” en “As jy iemand liefhet”. Die meeste liedjies is deur Dewald self geskryf terwyl Johan Vorster en Christoph Kotze van Inhoud Huis verantwoordelik was vir die titelsnit, “Jy is die storm”.

Nog ’n sterk liedjie is “1 000 Kerse” in duet met Karlien van Jaarsveld. Die produksie en verwerkings is deur die formidabele Danny Smoke behartig, wat hom vinnig as een van Suid-Afrika se beste vervaardigers vestig.

Die album het ’n deurlopende tema in ’n pop-rock-aanslag met ’n uitsondering hier en daar met die komiese liedjie, “Brandewyn weg van beautiful”, en die Engelse snit, “Adios old friend”.

Die album gaan vir seker ’n paar sterk enkelsnitte oplewer en ’n hele paar gaan nog op die trefferparades pronk. Die album is reeds in alle winkels beskikbaar en word deur Inhoud Huis versprei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.