[Resensie] Elizma Theron – ‘Boeregirl met ’n countryhart’

elizma-theron-boeregirl

Elizma Theron se jongste album ‘Boeregirl met ‘n countryhart’ is onlangs bekendgestel. Foto: Facebook.

Uiteindelik verskyn ’n country-album van Elizma Theron. Hierdie langverwagte country-album is ’n versameling van haar gunsteling-countryliedjies met twee Afrikaanse liedjies daarby.

“Ons dans as almal sit en kyk” en “Huise van glas” pas mooi in by die styl van die album. Hierdie gesoute sangeres is duidelik ook ’n groot Dolly Parton-aanhanger met goue ou treffers soos “Jolene”, “I will always love you”, “Nine to five” en “Coat of many colors”.

Nog liedjies wat uitstaan, is natuurlik Ronnie Dunn se “Boot scootin boogie”, “Little bitty” van Alan Jackson en Pussycat se “Mississippi”. Daar is ook ’n paar duette wat gewild sal wees onder aanhangers met “Bless the broken road” saam met Nicholis Louw, “I don’t wanna play house” saam met Barbara Ray en ’n June Carter-medley saam met Ricus Nel.

Die album het nie minder as 23 liedjies op nie. Die projekbestuurder is Niel Schoombee met Dirk van Niekerk wat die meester behartig het. Die twee is ’n gesoute span uit die Select-kraal. Die album hoef vir geen internasionale album terug te staan nie. Elizma is vir seker ervare as dit by country kom en haar stemtoon vul hierdie genre baie mooi aan. Soos Willie Nelson sê: Country is drie akkoorde en die waarheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marianne ·

Sing is nie vir almal nie… S.A. het net EEN COUNTRY KONINGIN daardie titel behoort aan JUANITA DU PLESSIES….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.