Resensie: ‘Hallelujah SA’ verryk opnuut

HallelujahSA-Pretoria

Henri Scott en Adam Barnard van Hallelujah SA. Foto: Kyknet.dstv.com

Hallelujah SA is ’n nuwe lofprysingsprojek om Suid-Afrikaners opnuut te verryk met lofprysing. Die groep bestaan uit Adam Barnard en Henri Scott. Met hierdie selfgetitelde album kan die luisteraars ’n klomp nuwe oorspronklike verwerkings en treffers verwag.

“Op die berge” ontvang reeds groot steun van radiostasies oor die hele Suid-Afrika. Gunstelinge op die album is vir seker “Nader my God by U”, “Jesus groot bo almal” en “Hoe groot is ons God”.

Hallelujah SA het reeds 55 vertonings wat voorlê met ’n toer na Israel in 2017. Dit sal ’n pelgrimstog wees waarna die twee sangers baie uitsien. Die krag en gevoel van lofprysing is sterk vir die twee sangers en kan duidelik op die album gehoor word. Hulle missie en visie is om bewusmaking te skep by alle ouderdomsgroepe en mense te inspireer om tot bekering te kom.

Hallelujah SA se album is nou landwyd beskikbaar in musiekwinkels, sowel as op digitale platforms. Die album word deur Juanita du Plessis se WOW Musiek versprei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.