Resensie: Irene Louise van Wyk – ‘Meer as woorde’

Irene-Louise van Wyk. Foto: Facebook via Irene-Louise van Wyk

Irene-Louise van Wyk. Foto: Facebook via Irene-Louise van Wyk

Irene Louise van Wyk se debuutalbum, Meer as woorde, is gewis een vir elke Afrikaanse musiekliefhebber se rak. Haar debuut is ’n vars bries in die bedryf. Wat opval is hoe sterk sangeresse deesdae die mark betree.

Die album begin af met ’n sterk pop-rock-liedjie, “Meer as woorde”, wat deur Hugo Ludik en Kyle Grant van die Adam-groep geskryf is. Dit word gevolg deur ’n dans-poptreffer wat saam Stefan Ludick uitgevoer word.

“Vergeet van my” het ’n lekker Megan Trainor-aanslag en is deur Bouwer Bosch geskryf.

Dan is daar natuurlik die gunsteling, die goue ou treffer wat deur Irene se oorlede ma, Irene van Wyk, gesing is en wat deur Steve Hofmeyr geskryf is: “Wie is die vrou”. Dit het al die kwaliteite om ʼn no. 1-posisie op trefferparades in te neem.

“Lugballon” en “So Unreal”, wat sy saam Nianell uitvoer, is deur Irene self geskryf.

Die album sluit met “A Life that’s Good” wat ’n groot treffer was in die Nashville TV-reeks en wat sy puik vertolk. Sy het ’n sterk suidelike klank (“Southern twang”) in haar stem, wat haar geskik maak vir ʼn country-album.

Irene het ’n sterk, afgeronde stem en sy hoef vir niemand in die bedryf terug te staan nie. Met goeie bestuur kan Irene vinnig die leer klim en kort voor lank een van Suid Afrika se top-vrouekunstenaars wees.

Sy het puik musikale vermoë. Met haar debuut skei sy reeds die koring van die kaf. Meer as woorde word deur VONK-musiek versprei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Kan nie wag nie ·

Ek hoor jy kom in Julie na Walvisbaai en Namibia! Kan nie wag nie!

marianne ·

Irene-Louise dit verbly my hart dat jy jou CD uitgebring het! Jou ma glimlag met trots uit die hemel my kind. Druk jou drie stemple af en bereik hoe sporte. Jy verdien dit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.