Riaan Benadé boer in topplek op Top-20

Riaan Benadé. (Foto: Francois Olivier)

Wilha Carstens het bekendheid verwerf met sy fluweelstem op die Via-reeks Die Kontrak. Hy betree vandeesweek die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die 20ste plek met sy debuutenkelsnit, “Ek sal jou weer kies”.

Bekendes soos Ruhan du Toit en sy vrou, Marinda, Corlea Botha en haar ma, asook Charlize Berg en haar man, Warren Linden, maak hulle verskyning in die musiekvideo vir “Ek sal jou weer kies”.

Dit is Riaan Benadé se sewende week in die no. 1-posisie met die liedjie “Spontaan” vanaf sy debuutalbum met dieselfde titel.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar ses snitte wat styg, nege wat daal, vier liedjies wat onveranderd bly en ʼn nuwe enkelsnit wat sy toetrede tot die Maroela Media Afrikaanse Top-20 maak.

  1. Riaan Benade – “Spontaan”
  2. Elandré – “Binne & buite”
  3. Bernice West – “Kom binne”
  4. Elandré – “Dag en nag”
  5. Riaan Benadé – “Gooi nog ʼn whisky”
  6. Liezel Pieters – “Plus minus maal deel”
  7. Berncie West – “Sonop-blom”
  8. Loufi – “Baas van die plaas”
  9. Ruhan du Toit – “Die mite”
  10. Rooksein – “Kyk na my hart”
  11. Die Heuwels Fantasties – “Hardloop weg”
  12. Demi Lee Moore – “Maak my jou tequila”
  13. Fatman – “Vuil Coke”
  14. Verskeie kunstenaars – “Ons sal self”
  15. Janie Bay & Danie Reënwolf – “Ek glo nog in jou”
  16. Jay – “Te veel”
  17. Ché met Snotkop – “Ek like hoe jy dans”
  18. Refentse – “Stormnag”
  19. Bobby van Jaarsveld & Early B – “Sprokie”
  20. Wilha – “Ek sal jou weer kies”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnitvrystellings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data), asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.