Riaan Benadé kraai weer koning op Top-20

Riaan Benadé het die afgelope week sy gewildheid bevestig en neem vandeesweek weer die no.1-posisie op die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in met sy lied “Spontaan”.

Richann en René, die Boer soek ’n vrou-sangpaar wat saam sing as Reën, val met een plek terug na die tweede posisie.

Die mannegroep Jan Jan Jan het verlede week die top-20 betree met “Die RSA in my DNA” en spring vandeesweek vier plekke tot in die 15de posisie.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar sewe snitte wat styg, agt wat daal en vyf wat onveranderd bly.

  1. Riaan Benadé – “Spontaan”
  2. Reën – “Vrystaat vlaktes”
  3. Elandré – “Binne & buite”
  4. Brendan Peyper –“Dik en dun”
  5. Bernice West – “Kom binne”
  6. Elandré – “Dag en nag”
  7. Jo Black & Refentse – “Rig jou oë op na die berge”
  8. Fatman – “Vuil Coke”
  9. Riaan Benadé – “Gooi nog ’n whisky”
  10. Elandré – “Waar die wind my waai”
  11. Bernice West – “O kind”
  12. Bok van Blerk – “Dis wie ons is”
  13. Kurt Darren met Snotkop – “’n Dubbel vir die DJ”
  14. Dewald Wasserfall – “Oorleef”
  15. Jan Jan Jan – “Die RSA is in my DNA”
  16. Bernice West – “Sonop-blom”
  17. Loufi – “Baas vannie plaas”
  18. Rooksein – “Kyk na my hart”
  19. Verskeie kunstenaars – “Ons sal self”
  20. Liezel Pieters – “Plus Minus Maal Deel”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnitvrystellings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data), asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.