Riaan Benadé maak stoom op Top-20

Riaan Benadé. (Foto: Hendri Viljoen)

Riaan Benadé maak vandeesweek sy toetrede tot die Maroela Media Afrikaanse Top-20 met sy jongste uitreiking, “Stoom”.

Die musiekvideo van dié liedjie is by Ons Tuis Emily Hobhouse in Capital Park, Pretoria, opgeneem.

Riaan se vrou, Melissa Benadé, is ook in die musiekvideo te sien as die “ouer Riaan” se vrou.

Die video is reeds sowat 76 000 keer gekyk sedert dit vier dae gelede op YouTube uitgereik is. Die liedjie neem vandeesweek die sewende plek op die Top-20 in.

Riaan behou ook die eerste posisie op die Top-20 met die liedjie “Boksemdais”.

Franja du Plessis maak hierdie week haar verskyning op die Top-20 met “Deur die reën”, wat sy self geskryf het. Die musiekvideo is by Port Eward opgeneem.

“Deur die reën” beklee die 14de posisie op die Top-20.

In vandeesweek se Top-20 is daar drie liedjies wat klim, ses wat onveranderd bly, twee wat die treffersparade betree en nege wat hulle plekke verloor.

1. Riaan Benadé – “Boksemdais”
2. Eloff – “Vlerke”
3. Brendan Peyper – “Soen soos wat jy dans”
4. Demi Lee Moore – “Hart breek”
5. Chris Steyn – “Helemal”
6. Die Piesangskille – “Diepseeduiker 17”
7. Riaan Benadé – “Stoom”
8. Bernice West – “Hy jy jy”
9. Die Piesangskille – “Inge 2”
10. Bernice West saam met Bok van Blerk – “Die Afrikaner maak so”
11. Bobby van Jaarsveld – “Verlore seun”
12. Die Piesangskille – “Haar naam was Somer”
13. Brendan Peyper – “Moegdans”
14. Franja du Plessis – “Deur die reën”
15. Ruhan du Toit – “Mag ek jou laaste wees”
16. Dodo Nyoka – “Country girl van Bloem”
17. Rooksein – “So onskuldig”
18. Appel – “Buffel van Buffelsfontein”
19. Droomsindroom – “Plek vir my”
20. Steve Hofmeyr – “Romy”

Maroela se keuse:

Jouba en Anique Jordaan van die musiekgroep Kaleidoskoop. Foto: Verskaf

Een van Maroela Media se spanlede deel weekliks vyf van hul gunsteling Afrikaanse liedjies. Geniet die verskeidenheid!

Johann Gresse, sportjoernalis, deel die vyf Afrikaanse liedjies waarna hy vandeesweek luister:

1. “Maanligwandelaar” – Steyn de Wet
2. “Konings” – Foto na Dans
3. “Kan ek met jou dans” – Straatligkinders
4. “Road trip” – Kaleidoskoop
5. “Buitenste ruim” – Die Heuwels Fantasties

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music- en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data), asook radiospeeltyd. Fisiese albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.