Riaan Benadé na sewe weke onttroon op Top-20

Elandré se nuuste album word later vandeesmaand uitgereik. (Foto: Verskaf)

Dewald Wasserfall betree vandeesweek die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die 19de plek met ʼn splinternuwe lied uit sy eie pen getiteld “Oorleef”.

Die nuwe enkelsnit dra ʼn kragtige boodskap van oorlewing. Nadat Wasserfall verlede jaar uit ʼn baie diep depressie gekom het, wou hy ’n manier vind om sy gevoelens te verwoord.

Volgens Wasserfall is die lied ʼn opsomming van hom en talle ander se frustrasies die afgelope jaar en dat daar sal hoop wees dat dinge sal beter raak. Oorleef is ook die titel van sy nuwe album.

Elandré onttroon na sewe weke Riaan Benadé se “Spontaan” in die eerste plek met sy nuwe enkelsnit “Binne & Buite”. Die liedjie verskyn in sy jongste album, Rugsak, wat binnekort uitgereik word.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vyf snitte wat styg, vyf wat daal, nege wat onveranderd bly en ʼn nuwe enkelsnit wat sy toetrede tot die Maroela Media Afrikaanse Top-20 maak.

-gpLr5PYph6A

  1. Elandré – “Binne & Buite”
  2. Riaan Benadé – “Spontaan”
  3. Bernice West – “Kom binne”
  4. Liezel Pieters – “Plus minus maal deel”
  5. Elandré – “Dag en nag”
  6. Loufi – “Baas vannie plaas”
  7. Bernice West – “Sonop-blom”
  8. Ruhan du Toit – “Die mite”
  9. Riaan Benadé – “Gooi nog ʼn whiskey”
  10. Rooksein – “Kyk na my hart”
  11. Fatman – “Vuil Coke”
  12. Die Heuwels Fantasties – “Hardloop weg”
  13. Demi Lee Moore – “Maak my jou tequila”
  14. Verskeie kunstenaars – “Ons sal self”
  15. Janie Bay & Danie Reënwolf – “Ek glo nog in jou”
  16. Jay – “Te veel”
  17. Ché met Snotkop – “Ek like hoe jy dans”
  18. Refentse – “Stormnag”
  19. Dewald Wasserfall – “Oorleef”
  20. Wilha – “Ek sal jou weer kies”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnitvrystellings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data), asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.