Riaan Benadé onttroon Demi Lee op Top-20

Dié week se Maroela Media Afrikaanse Top-20:

Demi Lee Moore, wat verlede week in die eerste plek was met “Kan jou nie my maak liefhê”, word vandeesweek onttroon deur Riaan Benadé se liedjie, “Spontaan”.

Eloff se “Johnnie Blou” is stadig maar seker besig om na die eerste plek van die treffersparade te klim en is vandeesweek in die tweede plek. Irene-Louise van Wyk se “Tekkies brand” is in die derde posisie.

Demi Lee en Riaan se nuwe duet, “Kan nie sonder jou”, wat in Demi Lee se jongste vollengte album getiteld Jy ken my naam verskyn, asook die sangduo Reën se splinternuwe enkelsnit, “Vakansie op die platteland”, betree vandeesweek die top-20 in onderskeidelik die 19de en 20ste posisie.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar agt snitte wat styg, ses wat daal, vier wat onveranderd bly en twee nuwe toetredes.

  1. Riaan Benadé – “Spontaan”
  2. Eloff – “Johnnie Blou”
  3. Irene-Louise van Wyk — “Tekkies brand”
  4. Demi Lee Moore – “Kan jou nie my maak liefhê”
  5. Riaan Benadé – “Vat ’n bietjie”
  6. Demi Lee Moore – “Wie se hart breek jy vanaand”
  7. Appel – “Dina”
  8. Franja du Plessis – “Bring dit”
  9. Bernice West – “Dink aan jou”
  10. Rooksein – “Damlelielief”
  11. Jay & Irene-Louise van Wyk – “My volgende fout”
  12. Bernice West – “Hemel op aarde”
  13. Reën – “Stof”
  14. Die Heuwels Fantasties & Spoegwolf – “Eggo”
  15. Ricus Nel – “Ploeg jy”
  16. Brendan Peyper – “Die wolf”
  17. Tasché – “Baby, ek bly”
  18. Fatman – “Kamp Kommandant”
  19. Reën – “Vakansie op die platteland”
  20. Demi Lee Moore & Riaan Benadé – “Kan nie sonder jou nie”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data) asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

Nuwe uitreikings:

Richann en René van Reën.

Die musiekpaar Jacques (Jacques Schoeman) en Liezel (Liezel Marshall) het in November vanjaar hul debuut gemaak met hul eerste enkelsnit, “Uit my hande”. Die duo het besluit om ook ’n Kersfeeslied as hulle tweede enkelsnit bekend te stel.

“Wonder van Kersfees” gaan oor God wat Jesus, die ware wonder van Kersfees, vir sy kinders gegee het. Met “Wonder van Kersfees” wil hulle luisteraars herinner aan wat belangrik is.

“Daar is soveel om voor dankbaar te wees, selfs in die moeilike tye wat ons tans beleef,” sê die duo.

Carlissa het ook pas haar debuutenkelsnit, “Ek sal die een wees”, bekendgestel. Die liedjie handel oor die laaste vra en veg vir die persoon vir wie jy lief is.

Ander nuwe liedjies wat die afgelope week bekendgestel is, is Gerhard Steyn en Charlize Berg se “Lucky Packet Ring”, Reën se “Vakansie op die platteland”, Refentse se “Boerebal”, Anton Botha se “Splinternuwe vellies”, Andriëtte se “Mis jou meer” en Elizabeth-Sue se “Opstaan pragtig”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Marietjie

Gerhard en Charlize se liedjie is te oulik.