Riaan, Elandré, Loufi terug op Top-20

Riaan Benadé. (Foto: Facebook)

Riaan Benadé is terug op die Maroela Media Afrikaanse Top-20. Dié week betree hy die treffersparade met sy splinternuwe enkelsnit, “Boksemdais”, in die tweede plek.

Die liriek-video van dié liedjie is in minder as vier dae reeds meer as 85 000 keer op YouTube gekyk .

Elandré is se jongste uitreiking, “Asseblief”, betree ook die Top-20 in die vyfde plek. Loufi se “Bokke” maak ook ‘n draai op die Top-20 in die laaste posisie.

Die Piesangskille se “Inge 2” klou net-net vas aan die no. 1-posisie. Brendan Peyper se “Moegdans” is in die derde posisie.

In vandeesweek se Top-20 is daar een liedjie wat klim, vyftien wat hulle plekke verloor, drie nuwe liedjies wat die lys betree en een liedjie wat onveranderd bly.

1. Die Piesangskille – “Inge 2”
2. Riaan Benadé – “Boksemdais”
3. Brendan Peyper – “Moegdans”
4. Appel – “Foute”
5. Elandré – “Asseblief
6. Die Piesangskille – “Lyntjie”
7. Juanita du Plessis – “Liewe jinne!”
8. Leon Schuster – “Die Bokmasjien”
9. Riana Nel – “Ek wonder”
10. Eloff – “Koue kole”
11. Barto – “H2Oë”
12. Juan Boucher saam met Tasché – “Suid”
13. Barto – “Impulsief”
14. Die Heuwels Fantasties saam met Appel – “Nora Vlok”
15. Brendan Peyper – “Toer om die vloer”
16. Appel – “Diana”
17. Jay – “Stoutgat”
18. Bernice West – “As Hy weer kom”
19. Appel – “Suikerbos”
20. Loufi – “Bokke”

Musiekvideo:

Nuwe uitreikings:

Nadine Blom vier vanjaar 20 jaar in die musiekbedryf met ‘n splinternuwe liedjie, “Nuwe liefde”. Die gesoute sangeres, TV-persoonlikheid en radio-omroeper vier ‘n nuwe begin met dié nuwe enkelsnit.

Hunter Kennedy, Janie Bay en Nadine Blom het dié liedjie geskryf.

Deidré Barnard. (Foto: Spotify)

Deirdré Barnard se vierde uitreiking, “Bo aan my lys”, het pas die lig gesien. Die liedjie handel oor die idee dat as iets of iemand jou prioriteit is, hulle die eerste ding is waaraan jy in die oggend dink.

Dit vertel ‘n storie van ‘n vakansieromanse wat afspeel in Desember in Hartenbos.

Ander liedjies wat uitgereik is, is René se “Clifton”, Tracy Bruiners se “Kan jy my sê”, MAN se “Vuur en vlam”, Elandré se “Asseblief”, Riaan Benadé se “Boksemdais”, Rugga Rock se “Bring daai beker vir my”, ADAM se “Die groot 5”, Joshua na die Reën se “Iemand soos jy”, Christiaan Baartman se “Dis net genade”, Jan-Mattys se “Hey!”, Ryno Velvet se “Hoor jou”, Jacob Swann se “Lila”, Ruhan du Toit se “Mense op die dorp”, Armand Joubert se “Met jou klere af”, MJ Nel se “Obsessief”, Early B se “Skud jou biscuit”, Almero se “Pietie Beyers” en Henru se “Mx Afskeid”.

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music- en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data) asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.