Riaan, Wikus woeker op Top-20

Wikus Botma.

Riaan Benadé en Jay se liedjie “Rowwe bliksem”, wat verlede week die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die eerste plek betree het, bly vir die tweede week in die no. 1-posisie.

Eloff se “Johnnie Blou” en Irene-Louise van Wyk se “Tekkies brand” bly onderskeidelik in die tweede en derde plekke.

Wikus Botma se “Brannewynlippe” het tot in die sesde plek op die top-20 geklim.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar ses snitte wat styg, sewe wat daal en sewe wat onveranderd bly.

  1. Riaan Benadé met Jay – “Rowwe bliksem”
  2. Eloff – “Johnnie Blou”
  3. Irene-Louise van Wyk – “Tekkies brand”
  4. Riaan Benadé – “Spontaan”
  5. Demi Lee Moore – “Wie se hart breek jy vanaand”
  6. Wikus Botma – “Brannewynlippe”
  7. Riaan Benadé – “Vat ’n bietjie”
  8. Appel – “Dina”
  9. Bernice West – “Dink aan jou”
  10. Franja du Plessis – “Bring dit”
  11. Reën – “Vakansie op die platteland”
  12. Bernice West – “Hemel op aarde”
  13. Ruhan du Toit – “Ter wille van ons kinders”
  14. Jay & Irene-Louise van Wyk – “My volgende fout”
  15. Die Heuwels Fantasties met Coenie de Villiers – “Victoriabaai”
  16. Rooksein – “Damlelielief”
  17. Demi Lee Moore – “Kan jou nie my maak liefhê”
  18. Ricus Nel – “Ploeg jy”
  19. Demi Lee Moore & Riaan Benadé – “Kannie sonder jou nie”
  20. Tashé – “Baby, ek bly”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data) asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

Nuwe vrystellings:

Stefan Jansen.

Stefan Jansen het die afgelope week ’n nuwe enkelsnit getiteld “As ek jou onthou” uitgereik.

Die liedjie gaan oor mense wat in jou lewe kom en gaan, maar die mooi herinneringe van daardie mense wat ’n mens altyd bybly.

“Dit gebeur so dikwels dat mense se paaie skei, vir goeie redes of andersins, wat ons mekaar verwyt of net die minder goeie goed onthou,” sê Jansen oor die liedjie.

“Daar is ook die kere wat, selfs al het dinge nie op die beste noot geëindig nie, mens nie kan help as om die mooi dinge saam met jou te dra nie. Ons almal moet meer gefokus wees daarop om die mooi dinge in mekaar te sien en te onthou.”

Ander nuwe liedjies wat die afgelope week bekendgestel is, is Smit se “Sielsrus”, Lize-Marie se “Fraksie” en RayNay se “Liefde vat tyd”.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.