Riana Nel is ‘Sterker’ op Top-20 met nuwe enkelsnit

Riana Nel, wat tans te sien is as beoordelaar en mentor op die M-Net‑sangkompetisie The Voice, se splinternuwe album, Sterker, was vandeesweek een van die topverkopers. Haar jongste enkelsnit, “Hou die hemel oop”, vanaf dié album, betree hierdie week die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die no. 12-posisie.

Ricus Nel en Snotkop se gewilde liedjie, “Boerepompie”, het verlede week se no. 1-snit, “Amper daar” deur Janie Bay, onttroon en is nou in die gesogte no. 1-posisie. Die musiekvideo is sowat twee weke gelede uitgereik en staan reeds op bykans 660 000 trefslae.

Bay val terug na die no. 3-posisie terwyl Elandré se “Vuur op die water”, wat die afgelope naweek goue status (ʼn verkope van 15 000 eksemplare) bereik het, in die no. 2-posisie is.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vyf snitte wat styg, tien wat daal en vier wat onveranderd bly en een nuwe toetrede.

  1. Ricus Nel ft Snotkop – “Boerepompie”
  2. Elandré – “Vuur op die water”
  3. Janie Bay – “Amper daar”
  4. Elvis Blue & Theuns Jordaan – “Jou huis”
  5. Jo Black – “Bitter”
  6. Demi Lee Moore – “Mis eet slaap herhaal”
  7. Dewald Wasserfall – “Elektrisiteit”
  8. Theuns Jordaan – “Praat is te laat”
  9. Tarryn Lamb – “Geheueverlies”
  10. Christia Visser – “17 Shots”
  11. Biggy – “Dames”
  12. Riana Nel – “Hou die hemel oop”
  13. Juan Boucher – “Want jy weet”
  14. Jo Black – “Voel jy die genade”
  15. 4 Werke – “Bietjie meer van jou”
  16. Fatman – “SOS”
  17. Joshua na die Reën – “Soos in nou”
  18. Early B ft Jack Parow & Justin Vega – “Potte”
  19. Ivan Roux – “Daai ding”
  20. Refentse – “Liefdegenerasie”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.