Die gewilde Afrikaanse musiek-egpaar, die sanger en liedjieskrywer Ricus Nel en sy vrou, die sangeres Liza Brönner, het Donderdag ʼn seuntjie ryker geword.
Klein Dawid is op 22 November gebore. Brönner het dié nuus saam met ʼn skattige foto van hulle as gesin op Facebook gedeel. “Donderdag die 22ste het my hele lewe verander,” het sy oor hulle eersteling geskryf.
“Ek kan nie glo dat mens soveel liefde kan voel nie. Dawid, my seun, jy het ʼn liefde binne my wakker gemaak wat ek nie eers geweet bestaan nie!”
Sy het ook Nel se lof besing. “Jou pappa is die heel beste man op aarde! Hy was so sterk vir my. My gebed vir jou, my seun, is dat jy ʼn man na God se hart sal wees, en dat jy in God se perfekte wil vir jou lewe sal loop! Mamma het jou liewer as wat woorde ooit sal kan beskryf!”
Sy het in Mei vanjaar haar swangerskap op Facebook aangekondig. “Ek en Ricus dank die Here ons God vir die perfekte lewetjie waarmee Hy ons seën en toevertrou!” het sy destyds laat hoor.
Die egpaar is op 26 Januarie 2013 getroud.
Baie geluk julle twee. Dit is die heel beste ding wat oor n mens se pad kan kom. Die geboorte van jou kinders en kleinkinders. Dis n liefde onbeskryflik groot
Baie geluk julle twee. Ek weet hy gaan virseker in sy ouers se musikale voetspore stap.
Baie baie geluk en seen word julle toe gebid .
Baie geluk julle. Mag hy vir julle net vreugde bring.
Baie gleuk julle. Dawid is ‘n pragtige seuntjie. Julle gaan soveel geluk saam met he. Soveel liefde om te gee. Baie geluk