Ricus en Snotkop klou aan no. 1-posisie op Top-20

Snotkope en Ricus net sing “Boerepompie” (Foto: Verskaf)

Dit lyk asof aanhangers net nie genoeg kan kry van Ricus Nel en Snotkop se “Boerepompie”-treffer nie!

Die duo het op 14 Junie dié liedjie se musiekvideo eerste op Maroela Media bekendgestel en dit pryk vandeesweek vir die vierde agtereenvolgende week in die nommereen-posisie op die Maroela Media Afrikaanse Top-20. “Boerepompie” se musiekvideo het ook reeds meer as ʼn miljoen trefslae gekry.

Kort op sy hakke is Riana Nel se “Hou die hemel oop” vanaf haar nuwe album, Sterker. Elandré se “Vuur op die water” is stewig in die derde plek, terwyl “Tussen die lakens” dié week klim na nommer vyf.

Jo Black se “Voel jy die genade” en “Bietjie meer van jou” van 4Werke het ook albei hul posisies op die Top-20 vandeesweek verbeter.

  1. Ricus Nel met Snotkop – “Boerepompie”
  2. Riana Nel – “Hou die hemel oop”
  3. Elandré – “Vuur op die water”
  4. Elvis Blue & Theuns Jordaan – “Jou huis”
  5. Elandré – “Tussen die lakens”
  6. Janie Bay – “Amper daar”
  7. Jo Black – Bitter”
  8. Christia Visser – “17 Shots”
  9. Dewald Wasserfall – Elektrisiteit”
  10. Demi Lee Moore – “Mis eet slaap herhaal”
  11. Biggy – “Dames”
  12. Theuns Jordaan – “Praat is te laat”
  13. Tarryn Lamb – “Geheueverlies”
  14. Fatman – “SOS”
  15. Jo Black – “Voel jy die genade”
  16. Early B met Jack Parow & Justin Vega – “Potte”
  17. 4Werke – “Bietjie meer van jou”
  18. Juan Boucher – “Want jy weet”
  19. Joshua na die Reën – “Soos in nou”
  20. Refentse – “Liefdegenerasie”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.