Ricus, Martin terug op die Top-20

Johan Anker en Sasha Lee-Davids het kragte saamgesnoer met “Ek belowe”, ʼn liedjie wat Anker self geskryf het.

Oor die liedjie sê hy: “Ek was onlangs by ʼn troue wat my opnuut herinner het aan die belofte wat ’n paartjie aan mekaar maak. Die dominee het uit 1 Korintiërs 13 gepreek, wat handel oor ware liefde tussen huweliksmaats en dit het my aan my ouers laat dink. Hulle sou vanjaar 40 jaar getroud gewees het en ek wou die liedjie aan hulle opdra. Ongelukkig moes ons egter my pa aan ʼn Covid-19-verwante hartaanval afstaan voordat ek dit kon doen.”

Ander nuwe liedjies wat die afgelope week bekend gestel is, is Dirk van der Westhuizen se “Vir altyd”, Ricus Nel se “Ploeg jy?”, Patricia Lewis se “Hello hello” en Dwayne Griffin se “Soos die seisoene”.

 

Maroela Media Afrikaanse Top-20:

Martin Bester op die stel van die musiekvideo vir ‘Lilly’, wat op verskillende plekke in die Kaap geskiet is. (Foto: Verskaf)

Ricus Nel het op Braaidag sy jongste enkelsnit en musiekvideo getiteld “Ploeg jy?” uitgereik. Die musiekvideo het reeds meer as 130 000 kykbeurte gehad. Dit is ook die enigste Afrikaanse snit in YouTube se #trending-lys en is tans in die 13de plek op dié lys.

Die liedjie maak ook sy toetrede tot die Top-20 in die 18de plek.

Dirk van der Westhuizen betree vandeesweek die Top-20 in die 20ste plek met “Vir altyd” en Martin Bester in die 19de plek met “Lilly”.

Irene-Louise van Wyk neem weer die eerste posisie in met “Tekkies brand”.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar sewe snitte wat styg, vyf wat daal en vyf wat onveranderd bly en drie nuwe liedjies wat die week hul toetrede tot die Maroela Media Afrikaanse Top-20 maak.

  1. Irene-Louise van Wyk – “Tekkies brand”
  2. Riaan Benade – “Vat ’n bietjie”
  3. Appel – “Dina”
  4. Bernice West – “Hemel op aarde”
  5. Riaan Benadé – “Spontaan”
  6. Tasché – “Baby, ek bly”
  7. Elvis Blue – “Meer as genoeg”
  8. Franja du Plessis – “Bring dit”
  9. Rooksein – “Damlelielief”
  10. Christia Visser – “Kaapse blou”
  11. Spoegwolf – “Silwer”
  12. Appel – “Boerenooi”
  13. Kurt Darren – “Blok party”
  14. Brendan Peyper – “Warm nog op”
  15. Steve Hofmeyr & Touch of Class – “’n Pa se hart”
  16. Reën – “Vrystaat vlaktes”
  17. Dirk van der Westhuizen – “Roekeloos”
  18. Ricus Nel – “Ploeg jy”
  19. Martin Bester – “Lilly”
  20. Dirk van der Westhuizen – “Vir altyd”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data) asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.