Ricus Nel se ‘Khaki’ klim op dié week se Top-20

Ricus Nel - Khaki

Ricus Nel. (Foto: Spotify)

Terwyl Appel met “Foute” vir eers stewig op die eerste plek bly in Maroela Media se Afrikaanse Top-20 vandeesweek blaas Ricus Nel se jongste snit behoorlik in sy nek.

Die musiekvideo van Ricus se “Khaki” is al reeds meer as 200 000 keer gekyk en die snit kuier nou op die nommer twee posisie op die Top-20.

Jemma Catherine en Georic Lomas betree die Top-20 op nommer 19 met “SOS”. Die musiekvideo van dié lied is ook alreeds uitgereik en het reeds meer as 10 000 kykbeurte gehad.

In vandeesweek se Top-20 is daar vier liedjies wat klim, ses wat hul plekke verloor, nege wat onveranderd bly en een nuwe liedjie wat op die Top-20 verskyn.

1. Appel – “Foute”
2. Ricus Nel – “Khaki”
3. Barto – “Impulsief”
4. Eloff – “Koue kole”
5. Jay – “Stoutgat”
6. Barto – “Vlam in die wind”
7. Die Heuwels Fantasties saam met Appel – “Nora Vlok”
8. Appel – “Diana”
9. Barto – “H2Oë”
10. Die Heuwels Fantasties saam met Demi Lee Moore – “Niks om oor huis toe te skryf nie”
11. Brendan Peyper – “Toer om die vloer”
12. Dodo Nyoka – “Foto’s”
13. Appel – “Suikerbos”
14. Jan Jan Jan – “Hy’s ʼn lekker ou”
15. Bernice West – “Lyfie”
16. Die Piesangskille – “Lyntjie”
17. Irene-Louise van Wyk – “Stout vir”
18. Loufi saam met Jack Parow – “Oh la la”
19. Jemma Catherine saam met Georic Lomas – “SOS”
20. Dodo Nyoka – “Frikkie vir ʼn rukkie”

Nuwe uitreikings:

Armand Steenkamp (Argieffoto)

Armand Steenkamp se nuutste enkelsnit, “Blou diamant”, is geïnspireer deur sy ouma wat met demensie gediagnoseer is. Tans lewe ongeveer 55 miljoen persone wêreldwyd met demensie, volgens die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WGO). Armand was gefassineer deur ʼn verhaal wat sy ouma uitgedink het en het besluit om ʼn tong-in-die-kies lied oor dié verhaal te skryf. Dit gaan oor ʼn ondeunde jongman wat op soek is na die “Blou diamant”. Vir meer oor demensie besoek gerus DemensieSA.

ʼn Jagplaas was die inspirasie agter Zander van Wyk se nuwe lied, “Spreeuwal”. As jy al ooit gewonder het hoe hemel op aarde lyk, is dit beslis Spreeuwal, vertel Zander. “Ek het op daai stadium van my lewe deur ʼn paar struikelblokke gegaan, soos die lewe hulle maar gooi, en ek was moedeloos, maar toe ek op die plaas opdaag kon ek nie anders as om alles te vergeet nie.”

Ander liedjies wat in die laasste sewe dae uitgereik is, is Chenél No.1 se “Red my”, Egmond saam met Kaley se “Ongelooflik”, Die Piesangskille se “Teenoorgestelde balans”, Carla Conrad se “Dorp hotel”, Millennium se “Judy”, Almero se “Onveilig”, Tasché se weergawe van “Prentjies”, Jemma Catherine saam met Georic Lomas se “SOS”, Neil Nachtrein se “Hoor jy my?” en Richelle Grant saam met Afrikaans wil dans se “Vul die huis met U glorie”.

 

  • Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music- en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data) asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.