Ricus Nel verdien goue status

Ricus-Nel

Ricus Nel. Foto: Pietercloete.com

Hoewel daar baie Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers is wat neersien op country-musiek, is albums deur plaaslike kunstenaars wat dié tipe musiek sing, gewild.

Juanita du Plessis se country-album Nashville was uiters suksesvol, en nou het Ricus Nel goue status behaal met sy jongste album, Ricus Nel sing Don Williams en ander country-legendes. Dit beteken dat 20 000 eksemplare van hierdie album verkoop is sedert dit verlede jaar vrygestel is. Ricus het al twee Afrikaanse albums, Sak en pak en Sout van die aarde, vrygestel, maar op hierdie album bring hy hulde aan veral Don Williams, maar ook ander country-legendes soos Glenn Campbell, Kris Kristoffersen en Dean Martin. Daar is ook ʼn nuwe Afrikaanse snit, Dankie Don, wat aan Don Williams opgedra is. Onder Don Williams se treffers wat op die album voorkom, is I recall a gypsy woman, Amanda, She’s in love with a rodeo man, It must be love en Don se grootste treffer in Suid-Afrika, You’re my best friend. .

Hoewel Ricus se eerste twee albums Afrikaans was, het hy grootgeword met country-musiek, en het hy nog altyd ʼn country-snit of twee by sy Afrikaanse albums ingesluit. Hy is getroud met die sangeres Liza Brönner, wat in die musiekvideo van sy treffer Ek wonder te sien is, en teenoor Bobby van Jaarsveld in die verhoogproduksie Liefling gespeel het. Ricus kan self 13 musiekinstrumente bespeel, onder meer die kitaar, konsertina, banjo en klawerbord.

Hier is die musiekvideo van Ricus se weergawe van die liedjie, I recall a gypsy woman, wat ook een van Don Williams se grootste treffers was:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.