Rinkink is ʼn splinternuwe kunstefees met ʼn unieke formaat. Die fees word by die Elangeni en Maharani-hotelle in Durban gehou en beloof om aan die behoeftes van die meer keurige Afrikaanse kultuuraanhangers te voorsien.
Frank Opperman is tydens die fees te sien in sy eenmanvertoning Die Klaagliedere van Ds Tienie Benade terwyl Laurika Rauch, Blackie Swart en die Johnnie Black Band en Piet Botha ook ʼn draai gaan maak.
Daar word ook ʼn boekegeleentheid en bespreking deur LAPA Uitgewers aangebied met Irma Joubert en Sophia Kapp onder leiding van Heilna du Plooy.
Rinkink vind op 27 en 28 Februarie plaas. Kaartjies vir die vertonings is beskikbaar op i-Tickets.co.za. Daar is ook pakkette beskikbaar wat verblyf by die Southern Sun-hotelle asook kos en toegang tot al die vertonings insluit teen R5 900 per paartjie (slegs 200 pakkette beskikbaar).
Vir meer inligting besoek gerus Rinkink se webwerf.
Hmmmm…. wonder of Steve daar welkom is???
Geen Steve, geen fees…..
Julle het vegeet om vir Steve ‘n spesiaale uitnodiging te stuur, of is dit in die pos??