Robbie en Liezel se duet maak buiging op Top-20

Robbie Wessels en Liezel Pieters se duet “Iemand daarbo” maak vandeesweek sy buiging op die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die 19de plek.

Dié nuwe enkelsnit is die afgelope week saam met ʼn splinternuwe musiekvideo bekendgestel.

Bernice West se debuutenkelsnit, “Sonop-blom”, neem weer hierdie week se no. 1-posisie in. Haar debuutalbum is onlangs bekendgestel en vaar veral goed op aanlyn platforms.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vier snitte wat styg, 10 wat daal, vyf snitte wat die week onveranderd bly en ʼn nuwe enkelsnit wat die treffersparade betree.

  1. Bernice West – “Sonop-blom”
  2. Ruhan du Toit – “Monumentaal”
  3. Christia Visser – “Wildste oomblik”
  4. Bernice West – “Die hart”
  5. Francois van Coke met Jan Blohm – “Die toekoms”
  6. Christia Visser – “Kaal voor jou”
  7. Appel – “Nonna”
  8. Die Heuwels Fantasties met Ampie – “Ons moet leef”
  9. Elandré – “Die woorde uit jou mond”
  10. Karlien van Jaarsveld – “Ruil jou vir my”
  11. Ruhan du Toit – “Lewe red”
  12. Loufi – “Boude”
  13. Robbie Wessels – “Plaasjapie”
  14. Dirk van der Westhuizen – “Dirty 30’s”
  15. Spoegwolf – “Heen en weer”
  16. Loki Rothman – “Op my pad”
  17. Karen Zoid met Early B & Niel Sandilands – “Toe die wêreld stil gaan staan”
  18. Francois van Coke – “As ek kon”
  19. Robbie Wessels met Liezel Pieters – “Iemand daarbo”
  20. Karen Zoid met Early B – “Deur druk”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.