Robbie Wessels se Lambie-liedjie betree Afrikaanse Top-20

'n Skermgreep uit Robbie Wessels se musiekvideo.

‘n Skermgreep uit Robbie Wessels se musiekvideo.

Robbie Wessels betree vandeesweek die Afrikaanse Top-20 met sy jongste enkelsnit, “Patrick Lambie”. Die liedjie bring hulde aan dié afgetrede Springbokrugbyspeler. Die musiekvideo vir dié snit het al bykans 106 000 trefslae op YouTube.

Tarryn Lamb se splinternuwe enkelsnit, “Geheueverlies”, maak ook dié week sy debuut op die Top-20 in die nommer 17-posisie. Elandré neem vir ʼn tweede agtereenvolgende week die topposisie in met sy jongste vrystelling, “Vuur op die water”.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vyf snitte wat styg, tien wat daal, drie wat onveranderd bly en twee nuwe liedjies wat vandeesweek die Top-20 betree.

  1. Elandré – “Vuur op die water”
  2. Demi Lee Moore – “Mis eet slaap herhaal”
  3. Jo Black – “Voel jy die genade”
  4. Arno Jordaan – “Derde Wêreldoorlog”
  5. Christia Visser – “17 Shots”
  6. Karlien van Jaarsveld – “Rooilip soene”
  7. 4 Werke – “Bietjie meer van jou”
  8. Ivan Roux – “Daai ding”
  9. Jay – “Die hart wil hê wat die hart wil hê”
  10. Refentse – “Liefdegenerasie”
  11. Joshua na die reën – “Soos in nou”
  12. Spoegwolf – “Blou”
  13. Early B met Jack Parow & Justin Vega – “Potte”
  14. Refentse – “Baie gevaarlik”
  15. Straatligkinders – “Krake”
  16. Dewald Wasserfall – “Nuwe begin”
  17. Tarryn Lamb – “Geheueverlies”
  18. Manie Jackson – “Donker hart”
  19. Corlea – “Onbreekbaar”
  20. Robbie Wessels – “Patrick Lambie”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Pensioenaris ·

Dankie Robbie, Patrick is temiste mooier as Bobjan maar ek lief Bobjan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.