Romanz sing weer – vir Adam

Argieffoto

Die Afrikaanse musiekgroep Romanz gaan op 25 Julie vir die eerste keer sedert Februarie 2014 toe die groep ontbind het saam optree ten bate van ʼn geldinsameling vir Adam Barnard se stryd teen neuropatie.

Barnard, wat vroeër lid was van Romanz, is geruime tyd gelede gediagnoseer met neuropatie-sindroom, wat gekenmerk word deur die verlies van gevoel in ledemate soos die hande.

Sy niere werk nie behoorlik nie en daarom kry hy hemodialise-behandelings met die hoop dat sy gesondheid sal verbeter. Die enigste geneesmiddel vir dié siektetoestand is ʼn suksesvolle nieroorplanting.

Hoewel dit tot onlangs goed gegaan het met hom, is hy Vrydag weer in die hospitaal opgeneem nadat hy infeksie opgedoen het.

Henri Scott, Barnard se agent en woordvoerder, het gesê die sanger is op die herstelpad en kan nie wag om weer tuis te wees nie.

Romanz, wat bestaan het uit André Venter, Adam Barnard, Burgerd Botha en Louis Loock (wat in 2012 die groep verlaat het en deur Christopher Viljoen vervang is), het in 2014 ontbind sodat die sangers op hul solo-loopbane kon fokus, maar die groep wil nou dié eenmalige reünie hou om Barnard, en ander wat aan dieselfde siekte ly, by te staan.

“Adam is oorweldig deur die ondersteuning van die musiekbedryf en die publiek,” het Scott gesê. “Ons glo hy sal sterk genoeg wees om die aand mee te maak en dit met sy musiekbroers te deel.”

Die konsert wou aangebied in die gebou van die Moreleta NG-gemeente en kaartjies is beskikbaar by iTickets.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

zebra ·

Wat n pragtige gebaar! Kan nie wag on weer vir Romanz te hoor nie. Ons bid vir jou Adam!

Roelien Rosslee ·

ek sal nier skenk indien dit sal werk. Bloedgroep B neg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.