Rooiwarm

Andries-Hendrik Potgieter

Rooiwarm is die nuutste album uit Andries-Hendrik Potgieter se geledere en beloof om jonk en oud weer opnuut ‘n warm gevoel onder die hart te gee. Die album is die voorloper van die 75ste viering van die FAK bundel volgende jaar.

Wie werk saam aan Rooiwarm?
Die album is die breinkind van Dr Danie Brink – FAK Uitvoerende Hoof en Dirk van Niekerk (Noted Music). Brink, van Niekerk en Andries-Hendrik het kragte saamgesnoer om weer lewe in die ou Afrikaanse liedjies te blaas.

Meer oor die CD
Die cd bestaan uit 14 verwerkings van nagenoeg 34 FAK liedjies. Bekende liedjies soos ‘Sarie Marais’ , ‘Die Alibama’ en ‘Bobbejaan klim die berg ‘ het ‘n paar verrassende nuwe klanke bygekry wat by alle generasies aanklank sal vind. Hierdie album sal gesinsvakansies op die langpad verby laat snel. Die ‘Rooiwarm’ is amptelik op 19 Oktober by die Voortrekker Monument in Pretoria bekendgestel. (Lees meer hier oor die bekendstelling van Rooiwarm). Dit sal ook in meer as 400 musiekwinkels regoor die land beskikbaar wees.

‘As agterkleinseun van die Groot Trek Leier, Andries Hendrik Potgieter, is dit vir my die grootstevoorreg om deel te wees van die herlewing van ons herkoms en kultuur. As kunstenaar het ek die verantwoordelikheid om elke dag die waarde van goeie keuses aan ons huidige generasie oor te dra en te help om hulle toekoms te bou. Kuns en kultuur is die instrumente wat ons aan dit wat goed is, en goed was, herhinner. FAK, jy is die middelpunt van dit wat ons as Afrikaners so uitsonderlik maak. Ek is trots op my herkoms! Daar is niks groter as dit om mee te spog nie!’ Andries-Hendrik Potgieter

(Lees meer hier oor die bekendstelling van Rooiwarm)

Speellys

  1. Aai Aai die wind wat waai
  2. Sarie Marais
  3. Die bobbejaan kom weer
  4. Ry hom Ferreira!
  5. Hier’s die Alibama
  6. Morê Oompie morê Japie
  7. Hartjie, my suikerbos
  8. Die trane die rol oor jou, Pollie
  9. Dis heerlike, Coetzenburg
  10. Dis te vêr om te ry
  11. Die vrolike musikant
  12. Ek soek my Afrikaner nooientjie
  13. Al lê die berge nog so blou
  14. Die goeie oue tyd

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.