Rooksein stuur klankseine op Top-20

Die nuwe Afrikaanse musiekgroep Rooksein maak vandeesweek hulle toetrede tot die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die 20ste plek met hulle nuwe enkelsnit, “Kyk na my hart”.

Rooksein bestaan uit Megan Danner, Dian Maritz en Renier van der Westhuizen. Laasgenoemde is ook die broer van die gewilde jong sangeres Bernice West. Hy het ook help skryf aan van Bernice West se liedjies wat in haar debuutalbum ingesluit is.

“Daar is soveel kere dat ʼn mens aanhoudend seerkry en daar word misgekyk hoe spesiaal jy eintlik is. Soms moet dit eers sleg met ʼn mens gaan voordat dit kan beter gaan,” verduidelik die groep die boodskap van die liedjie én musiekvideo.

Die video is Vrydag bekendgestel en het reeds bykans 17 500 trefslae op YouTube gehad.

“Jy, jou hart en jou siel is spesiaal en bitter besonders net soos wat jy is. Leer uit jou foute, aanvaar aanspreeklikheid, hou op in die gemak van seer vasgevang bly, groei as mens en word sterker.”

Riaan Benadé se “Gooi nog ’n whiskey” bly vir die tweede week in die no. 1-posisie.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar agt snitte wat styg, nege wat daal en twee wat onveranderd bly en een nuwe enkelsnit wat die treffersparade betree.

  1. Riaan Benade – “Gooi nog ’n whiskey”
  2. Verskeie kunstenaars – “Ons sal self”
  3. Elandré – “Dag & nag”
  4. Bernice West – “Sonop-blom”
  5. Refentse – “Stormnag”
  6. Ruhan du Toit – “Monumentaal”
  7. Steve Hofmeyr – “Ek kort”
  8. Demi Lee Moore – “Maak my jou tequila”
  9. Appel – “Nonna”
  10. Margot – “Tydelike afleiding”
  11. Bernice West – “Die hart”
  12. Ché met Snotkop – “Ek like hoe jy dans”
  13. Refentse – “Daai deng”
  14. Jo Black – “Spring”
  15. Gerhard Steyn – “Groter as Goliat”
  16. Bobby van Jaarsveld & Early B – “Sprokie”
  17. Spoegwolf – “Swart vere”
  18. Jay & Lianie May – “Dors”
  19. Loufi – “Boude”
  20. Rooksein – “Kyk na my hart”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Vrijburger ·

“Rooksein” – wat ‘n kreatiewe naam, ek hou daarvan!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.