RSG gee toon aan met ‘Uitskieters’

Fritz Klaaste, die aanbieder van ‘Uitskieters’ wat Saterdae net na 13:00 op RSG uitgesaai word (Foto: Verskaf)

Uitskieters is ʼn nuweling wat tydens die afsonderingstydperk op die RSG-musiekwerf verwelkom is. Dié program sal voortaan in die plek van die SA Top-20-treffersparade uitgesaai word.

Uitskieters is tot dusver goed deur luisteraars ontvang,” sê Muriël Janse van Rensburg, RSG se geleentheidsbeplanner. “Dit pas ook goed by ons skedule en handelsmerk in.”

RSG se treffersparade wat deur David Gresham geskep en aangebied is, is een van die stasie se oudste programme. Dit was vir meer as vyf dekades op die lug. Weens ʼn drastiese afname in albumverkope die afgelope paar jaar is RSG genoop om dié program te beëindig. Boonop het die Covid-19-pandemie verder bygedra tot handelaars wat hul deure moes sluit.

Die radiostasie het ook besef dat die treffersparade ʼn nuwe koers sal moet inslaan om by te hou met die veranderende musieklandskap.

Uitskieters is deur die gewilde musiekaanbieder Fritz Klaaste ontwikkel. Klaaste het met verskeie idees geëksperimenteer voordat die konsep vir ʼn program gefinaliseer is.

Dit bestaan uit vier afdelings wat belyn is met die jongste neigings in die musiekbedryf. Klaaste kyk weekliks na vooruitsigte van gewilde enkelsnitte gebaseer op Top-10-trefferparades van verskillende wêreldwye digitale platforms, ‘n terugblik op die top-10 van die jare wat verby is gegrond op die SA Top-20-statistieke, nuwe toevoegings tot die radiostasie se amptelike stasiespeellys van die afgelope week en ander nuusgebeure in die bedryf.

Uitskieters word Saterdae net na 13:00 op RSG uitgesaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Andrew ·

???? Wat beteken dit . Ruil die een top treffer program met n ander top treffer program. Hoe die “TOP” deel uitgewerk word is net aangepas met n paar ekstras om seker te maak daar is “inclusiveness” . Maar andersins bly dit n top 10 treffer program, Haas Das kan dit ook aanbied. Kan nie sien wat album verkope daarmee uit te waai het behalwe dat enige liedjie nou kastig populêr gemaak kan word op “trends” soos die blm ook op die oomblik “trendy” is en/of moonlik omdat Afrikaanse albums verkoop meer as ander lokaal en is dus heeltyd op die top 20.

Hou julle toon, hy stink van iets polities.

Vrijburger ·

Nee wat RSG kan maar verby hou. Luister al jare eerder na streeks radiostasies.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.