Die nasionale Afrikaanse radiostasie RSG vier vanjaar 80 jaar van Afrikaanse radio.
As deel van dié feesviering, gaan inhoud uit die verlede weer afgestof word sodat ou én nuwe luisteraars die nostalgie kan herleef. Luisteraars kan dus as’t ware in ʼn tydmasjien klim en hoor hoe oud-omroepers met mekaar oor destyds gesels.
“Die wêreld lyk in 2017 beduidend anders as in 1937. Toe was kommunikasiemedia beperk en die koms van radio – in Afrikaans – het mense se wêreld verander. Nou is die keuse van media byna onbeperk, maar tog is radio steeds met ons om mense te vermaak, op te voed en in te lig, deesdae oor landsgrense en vastelande heen,” het die stasie in ʼn verklaring gesê.
Dié feesvieringe begin op 6 Julie om 20:30 met ʼn reeks van 13 weeklikse episodes van die “onverskrokke held” Staal Burger.
“Die geheime agent van die 1960’s het ʼn slag gehad – die ryk pierewaaier met ʼn oog vir ʼn mooi meisie, vinnige motors en sy opstoppers met die slegte ouens. Staal se manewales saam met sy spannetjie – Willem, Koos en Dada, en soms ʼn Doedie – gaan die luisteraars pure plesier gee!”
Buiten vir dié radiostorie, is daar verder ook ʼn reeks opdrag- dokumentêre programme wat gedurende September en Oktober uitgesaai word. Dié programme handel grootliks oor die hoogtepunte van sportdekking op die Afrikaanse diens, hoe drama in Afrikaans gevorder het, asook letterkunde- en musiekontwikkeling oor die afgelope 80 jaar. Daar sal ook uittreksels uit baie ander programme van vroeër jare gespeel word.
Die hoofpartytjie van die 80 jaar-feesviering sal op 27 Oktober met ʼn spesiale program-aanbieding plaasvind.
Vir meer inligting, besoek RSG se webwerf.
Wens tog so hulle wil meer van hierdie soort oud radio programme op potgooi-skakels vir die publiek vrystel. Sal dit so geniet om dit weer te kan luister
Maak ook net soos die ANC en sing net dele van die volkslied.
Luister nie eintlik meer RSG nie-teveel van deelnemers aan besprekingsprogramme kan of wil nie Afrikaans praat nie.
Hoe het dit nou weer verloop?
RSG
Afrikaans Stereo
Radio Suid-Afrika
???