RufiYOLO is hier

RufiYOLO in die musiekvideo, "Groeipyne"

RufiYOLO in die musiekvideo, “Groeipyne”

Die musiekvideo Groeipyne deur RufiYOLO (vroeër bekend as Rufio Vegas) is pas vrygestel.

“Gaan kyk die video, dis die meeste pret wat jou rekenaar-, foon- en tabletskerm vandag gaan hê. Belowe!”

Rufio Vegas het sy loopbaan in 2003 begin as deel van Jack Parow se ondergrondse rap duo, Die Vegas en Parow Show. Sedertdien het Jack Parow in ‘n Afrikaanse rap-sensasie ontaard. Rufio het na sy familie se vloerskuurbesigheid omgesien en sy kans afgewag vir sy beurt om te YOLO (you only live once).

Twee dae gelede was RufiYOLO se verjaarsdag, so sy beste vriend, Jack Parow, het vir hom ‘n platekontrak onder Parowphernalia gegee as geskenk.

23 Oktober was ook die einde van Rufio Vegas en die geboorte van RufiYOLO toe hy ‘n versameling van 15 unieke Instagram-uittreksels vrygestel het. Die uittreksels is op 23 en 24 Oktober vrygestel via RufiYOLO se Instagram-profiel.

“Ek is hier om Suid-Afrika basiese riglyne te gee om die beste tyd van hulle lewens te hê. Die lewe is te kort om te kla oor onbenullighede, so let’s go YOLO,” sê RufiYOLO. Hy beoog om ‘n nuwe asem in die Afrikaanse popmark te blaas met sy verfrissende klank wat hy ‘Afrikaanse KragPOP’ noem.

Met krediet aan: Philip Erasmus, Instagram ‘selfie’-motiveerder, het die musiekvideo vir Groeipyne geskryf, geredigeer en was ook die regisseur.
Instagram
Twitter
Webwerf

Die liedjie is vervaardig deur Fred den Hartog.
Twitter
Webwerf
Fred en Philip is lede van Die Heuwels Fantasties en is ook bekend as Die Hiet Fabriek produksiespan.

Volg RufiYOLO op Twitter

Waarskuwing: Die video mag lirieke bevat wat sensitiewe luisteraars kan ontstel en nie geskik is vir kinders nie. Kyk die video met jou eie diskresie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.