Rugby is groot behaal goue status

Verskeie kunstenaars

Na slegs twee dae het “Rugby is Groot” goue status behaal vir die verkoop van meer as 20 000 eenhede! Hierdie is net nog ‘n bewys dat die land behoorlik rugbykoors het en in spanning wag vir die grootste rugbytoernooi in die wêreld!

Met die sukses van die 2007 bekendstelling, “Ons vir jou” (met verkope van 105 000 eenhede), is “Rugby is Groot” gelaai met splinternuwe Afrikaanse treffers, wat die hart trots gaan laat klop en selfs die lagspiere gaan prikkel!

Trek aan jou rugbytrui en sing saam met liedjies van Jay (“Bokke hou die beker hier”), die fluweelstem van Theuns Jordaan (“Rugbyhart”) en die voorloper van komiese treffers, Robbie Wessels (“Snorre”). Bok van Blerk (“n Bok gaan mos nie choke”) vorm ook deel van die wenspan en selfs Lianie May (“Bekhou, Kophou”) bewys dat die vroulike geslag net so bankvas agter die manne in groen en goud staan.

“Rugby is Groot” bestaan uit 12 splinternuwe snitte, sowel as ‘n paar ou bekendes, insluitende “Ons vir jou”(Bok van Blerk en Robbie Wessels) wat die Springbokke op hulle 2007 toer in die bus geluister het om gees te bou!

Speellys

  1. Hou die Beker Hier – Jay
  2. Rugbyhart – Theuns Jordaan
  3. Snorre – Robbie Wessels
  4. Een vir Almal en Almal vir Een – Theuns Jordaan, Bobby van Jaarsveld, Jay, Bok van Blerk en Robbie Wessels
  5. ‘n Bok gaan Mos nie Choke – Bok van Blerk
  6. Amabok – Robbie Wessels
  7. Willem se Springbok Plaas – Robbie Wessels
  8. Bek hou, Kop hou – Lianie May
  9. Die Oom Song – Jak de Priester
  10. Kaptein Castle – Hugo
  11. My Kreet – Bok van Blerk
  12. Ons vir Jou Suid-Afrika – Bok van Blerk en Robbie Wessels
  13. Dra die Bok – Leon Schuster
  14. Heeltyd Speeltyd – Desmond Wells
  15. Shosholoza – Byron Keno remix – Coleske
  16. Nkosi Sikele – Bobby van Jaarsveld

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

chanel willemse ·

goeie naand

Kan iemand my dalk help. Ek is opsoek na die lirieke vir kaptein castle?

As iemand my asb kan help met die lirieke

My epos adress is [email protected]

Baie dankie almal

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.