Ruhan du Toit, Bernice West blom op Top-20

Ruhan du Toit se debuutsolo-album Monumentaal was die afgelope week naas Bernice West se jongste album die top-verkoper op aanlyn platforms soos iTunes en Apple Music. Du Toit neem ook die vandeesweek die tweede plek op die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in met “Monumentaal”.

Bernice West se “Die hart” bly voorlopig in die no. 1-posisie. Haar debuutalbum getiteld Net geleen is ook pas bekendgestel. Sy het 13 uit die 14 snitte op die album self geskryf, een daarvan saam haar broer, Renier West (van die groep Rooksein).

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar agt snitte wat styg, tien wat daal en twee snitte wat onveranderd bly.

  1. Bernice West – “Die hart”
  2. Ruhan du Toit – “Monumentaal”
  3. Bernice West – “Sonop-blom”
  4. Francois van Coke met Jan Blohm – “Die toekoms”
  5. Christia Visser – “Kaal voor jou”
  6. Appel – “Nonna”
  7. Christia Visser – “Wildste oomblik”
  8. Die Heuwels Fantasties met Ampie – “Ons moet leef”
  9. Ruhan du Toit – “Lewe red”
  10. Karlien van Jaarsveld – “Ruil jou vir my”
  11. Robbie Wessels – “Plaasjapie”
  12. Loufi – “Boude”
  13. Spoegwolf – “Heen en weer”
  14. Elandré – “Die woorde uit jou mond”
  15. Loki Rothman – “Op my pad”
  16. Karen Zoid met Early B & Niel Sandilands – “Toe die wêreld stil gaan staan”
  17. Dirk van der Westhuizen – “Dirty 30’s”
  18. Francois van Coke – “As ek kon”
  19. Karen Zoid met Early B – “Deur druk”
  20. Appel – “F250”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.