Ruhan du Toit neem nr. 1-posisie in op Top-20

Posduif (Foto: Verskaf))

Ruhan du Toit, voorheen van Touch of Class, neem hierdie week se nr. 1-posisie in met sy debuut enkelsnit as solo-kunstenaar, “As jy dink jy weet”.

Die groep, Posduif, betree die week se Top-20 op nr. 19. Dit is dieselfde groep ouens van die populêre Engelse groep, Rubber Duc. Oor die liedjie het die hoofsanger, James Boland vroeër aan Maroela Media gesê hy het die liedjie, “Laat val die water”, geskryf toe die Kaap in die middel van die droogtekrisis was.

“Laat val die water” kom uit die pen van kitaarspeler Nick Jordaan en hoofsanger James Boland. Die lied is deur Brendan Campbell, Hugo Ludik en Vaughan Gardiner vervaardig.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vyf snitte wat styg, agt wat daal, een nuwe lied wat die week se Top-20 betree en ses wat onveranderd bly.

  1. Ruhan du Toit – “As jy dink jy weet”
  2. Ricus Nel ft Snotkop – “Boerepompie”
  3. Kurt Darren – “Klein Saterdag”
  4. Bok van Blerk – “Was”
  5. Riana Nel – “Hou die hemel oop”
  6. Elandré – “Die woorde uit jou mond”
  7. Die Heuwels Fantasties – “Jy stel my teleur”
  8. Robbie Wessels & Appel – “Staan saam”
  9. JohnJames – “Ek is meer werd”
  10. Robbie Wessels – “Legendes”
  11. Biggy – “Dames”
  12. Leah – “Kyk na my”
  13. Janie Bay – “Amper daar”
  14. Elvis Blue – “Beloofde land”
  15. Willem Botha – “Een shot”
  16. Christia Visser – “17 Shots”
  17. Tasché – “Die een”
  18. Elandré – “Tussen die lakens”
  19. Posduif – “Laat val die water”
  20. Soné – “Dis nie ek nie”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.