Ruhan du Toit ‘sing vir ons kinders’ op Top-20

Ruhan du Toit. (Foto: Facebook)

Ruhan du Toit het Vrydag sy jongste enkelsnit, “Ter wille van ons kinders”, uitgereik. Dié liedjie maak vandeesweek sy toetrede tot die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die 18de plek.

Die liedjie is geskryf deur Johan Oberholzer. Afrikaans is Groot het op sy Facebook-blad die volgende te sê oor dié liedjie: “Ons kinders is ons grootste skatte en ons sal alles vir hulle doen. Baie van ons mense kies om elders in die wêreld te gaan skrop. Ruhan sing dat ons ter wille van ons kinders hier moet bly, want ons gaan nie net oorleef nie, maar ons almal gaan floreer.”

Die nuweling Eloff se “Johnnie Blou” kraai steeds koning in die no. 1-posisie.

Demi Lee Moore is kort op Eloff se hakke met “Wie se hart breek jy vanaand” in die tweede plek en Riaan Benadé is in die derde plek met “Vat ʼn bietjie”.

Irene-Louise van Wyk se “Tekkies brand” is nou in die vierde posisie.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vyf snitte wat styg, sewe wat daal en sewe wat onveranderd bly asook een nuwe toetrede.

  1. Eloff – “Johnnie blou”
  2. Demi Lee Moore – “Wie se hart breek jy vanaand”
  3. Riaan Benadé — “Vat ’n bietjie”
  4. Irene-Louise van Wyk – “Tekkies brand”
  5. Riaan Benadé – “Spontaan”
  6. Franja du Plessis – “Bring dit”
  7. Appel – “Dina”
  8. Bernice West – “Hemel op aarde”
  9. Reën – “Vakansie op die platteland”
  10. Jay & Irene-Louise van Wyk – “My volgende fout”
  11. Die Heuwels Fantasties met Coenie de Villiers – “Victoriabaai”
  12. Bernice West – “Dink aan jou”
  13. Demi Lee Moore & Riaan Benadé – “Kannie sonder jou nie”
  14. Wikus Botma – “Brannewynlippe”
  15. Rooksein – “Damlelielief”
  16. Demi Lee Moore – “Kan jou nie my maak liefhê”
  17. Ricus Nel – “Ploeg jy”
  18. Ruhan du Toit – “Ter wille van ons kinders”
  19. Tasché – “Baby, ek bly”
  20. Justin Vega met Early B – “Ses Jägers”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data) asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

Nuwe uitreikings

Die sangeres Mia (Mariska Pretorius) is oorspronklik van Potchefstroom in Noordwes en baie onthou haar vir haar deelname aan The Voice SA asook haar debuutenkelsnit, “Krimineel”, wat sy in 2020 bekendgestel het.

Haar jongste enkelsnit, “Waterval”, is geskryf deur sanger en liedjieskrywer Emil Paul. Volgens Mia is die doel van die liedjie om mense te inspireer en is dit geskep om vir elke luisteraar van die liedjie ’n boodskap te gee.

Om die regte musiek, met waardevolle boodskappe en lewenslesse te kies, was nog altyd vir haar belangrik, en met “Waterval” het sy nie net ’n besonderse liedjie deel gemaak van haar arsenaal nie, maar sy glo ook dat die liedjie lewe gegee aan ’n treffer wat nog lank oor die radio gehoor sal word.

Ander nuwe liedjies wat die afgelope week bekendgestel is, is James & André se “Pantoffel rampokker”, Pedri se “Deel van jou lewe”, David de Wet se “Herbou” en Ruhan du Toit se “Ter wille van ons kinders”.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.