Ruhan du Toit terug op die Top-20

Ruhan du Toit. (Foto: Francois Olivier)

Ruhan du Toit se jongste enkelsnit getiteld “Die mite” vanuit sy album Monumentaal maak vandeesweek sy toetrede tot die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die 20ste plek.

Du Toit is geen vreemdeling op die Top-20 nie, met liedjies soos “Monumentaal”, “As jy dink jy weet” en “Lewe red” wat al voorheen op die treffersparade gekuier het.

Dit is ook ’n goeie week vir die kletsrymer Loufi wat vandeesweek klim tot die no. 5-posisie met sy liedjie “Baas vannie plaas”.

Riaan Benadé bly vir die vierde week in die eerste plek met “Spontaan”, wat ook die titel is van sy debuutalbum wat verlede jaar uitgereik is.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vyf snitte wat styg, ses wat daal, agt wat onveranderd bly en ’n nuwe enkelsnit wat sy toetrede tot die Top-20 maak.

  1. Riaan Benadé – “Spontaan”
  2. Bernice West – “Kom binne”
  3. Elandré – “Dag en nag”
  4. Riaan Benadé – “Gooi nog ’n whiskey”
  5. Loufi – “Baas vannie plaas”
  6. Bernice West – “Sonop-blom”
  7. Die Heuwels Fantasties – “Hardloop weg”
  8. Rooksein – “Kyk na my hart”
  9. Demi Lee Moore – “Maak my jou tequila”
  10. Fatman – “Vuil Coke”
  11. Janie Bay met Danie Reënwolf – “Ek glo nog in jou”
  12. Verskeie kunstenaars – “Ons sal self”
  13. Jay – “Te veel”
  14. Refentse – “Stormnag”
  15. Early B met Jack Parow – “Sak Sara”
  16. Ché met Snotkop – “Ek like hoe jy dans”
  17. Lianie May & Jay – “Dors”
  18. Bobby van Jaarsveld & Early B – “Sprokie”
  19. Liezel Pieters – “Plus minus maal deel”
  20. Ruhan du Toit – “Die mite”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnitvrystellings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music en Spotify-stromings, YouTube-kyke (spesifiek week-tot-week-data), asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.