Rustie-koor en Jo Black sorg vir nóg ʼn hoendervel-oomblik

’n Skermgreep uit die video.

Die Hoërskool Rustenburg se koor het onlangs vir nóg ʼn hoendervel-oomblik gesorg, dié keer saam met die geliefde Afrikaanse sanger Jo Black.

Black het saam met dié legendariese skoolkoor ʼn kragtige vertolking van sy trefferlied “Rig jou oë na die berge” by ʼn onlangse optrede by die skool gesing en soos gewoonlik is die internet gaande oor die leerders se talent.

“ʼn Oomblik soos dié kom min … Dankie, Hoërskool Rustenburg-koor!” het Black op sy Facebook-blad ná die optrede geskryf.

Die Rustie-koor het mense wêreldwyd in vervoering gehad nadat hulle in 2019 hulde gebring het aan die legendariese sanger Freddie Mercury met hul weergawe van “Bohemian Rhapsody”. Dié video het al meer as 400 000 trefslae op YouTube en het verder vir die skool ʼn Aitsa-beeldjie besorg vir uitmuntende werk op Afrikaanse kultuurgebied by die Aitsa Musiektoekennings in 2020.

Maroela Media het vroeër berig dat die koor ook in 2020 opslae gemaak het met hul weergawe van die Coldplay-treffer “Fix You”.

Bernice West, die jong krulkopsangeres van treffers soos “Sonop-blom”, is ook ʼn voormalige lid van die Rustie-koor en was ʼn hoofsanger in die “Bohemian Rhapsody”-musiekvideo.

Klik hier om die video op Jo Black se Facebook-blad te kyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.