SA fluitspeler en komponis benoem vir Grammy

Wouter Kellerman, die Suid-Afrikaanse fluitspeler en komponis, is benoem vir ʼn gesogte Grammy-toekenning. Foto: Verskaf

Wouter Kellerman, die Suid-Afrikaanse fluitspeler en komponis, is benoem vir ʼn gesogte Grammy-toekenning. Foto: Verskaf

Wouter Kellerman, die Suid-Afrikaanse fluitspeler en komponis, is benoem vir ʼn gesogte Grammy-toekenning.

Die album Winds of Samsara deur Kellerman en Ricky Kej is in die kategorie vir beste New Age album benoem en dit is die eerste keer dat ʼn Suid-Afrikaner in hierdie kategorie benoem word.

Kellerman vertel dat hy oorweldig is deur die nominasie. “Dit is vir my hartroerend om te weet dat al ons harde werk erken word,” het hy gesê.

“Dit is ʼn uitsonderlike trotse oomblik vir my om benoem te word vir ʼn Grammy en sodoende in die geskiedenis erken te word soos kunstenaars wat onder andere Peter Gabriel, Enya en Enigma insluit,” het Kej bygevoeg.

Winds of Samsara het die nommer een posisie op die Billboard New Age Chart en ZMR World Radio Charts ingeneem. Kellerman het boonop in Carnegie Hall in New York en die Grammy Museum in Los Angeles opgetree.

Kellerman en Kej werk al meer as twee jaar aan die projek wat fokus om die musikale, kulturele en politiese verbindings tussen Suid-Afrika en Indië, soos oorspronklik bewerkstellig deur Mahatma Gandhi en Nelson Mandela, verder te ontwikkel.

Die 57ste Grammy-toekennings vind op 8 Februarie 2015 by die Staples Centre in Los Angeles plaas en Kellerman en Kej sal al twee hulle verskyning op die rooi tapyt maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.